Sunday, August 31, 2008

Die honde-kinders word gebad

Hallo julle

Dis seker omdat dit vyf van hulle is, maar ek sien altyd so op daarteen wanneer die honde gebad moet word, want dis 'n groot werk. Maar dan, wanneer hulle klaar gebad, afgedroog en hulle tande geborsel is, is dit so lekker en wonder ek hoekom ek so opgesien het daarteen..!! Hulle geniet dit so, veral die afdroog met 'n handdoek...!

Vanoggend was sulke tyd: die lekker weer van Donderdag het gehou tot vandag toe, en een vir een is hulle gebad.

Dazzle was eerste. Ek hoef net vir hom die bad te wys en hy klim self in. Ek het 'n video clip daarvan geneem:



Toe is dit die ander vier se beurt.


Baloo "relax" in sy borrelbad


Pancho se beurt
Jodi nat en vol seep


Kizmet word afgedroog

Vier skoon Border Collies - "Kyk hoe lyk ons nou"!

Hulle (en ek) is altyd gedaan na die baddery, en ons het almal dus 'n lekker middag slaapie gehad. Toe later die middag is hulle ge"treat" met bene. Hier onder is 'n foto van waar hulle te lekker lê en smul:

Mmmm - lekker!!

En dit was ons Sondag. Tot volgende keer - mooi bly.
Liefde
Ninette

6 comments:

  1. Jy het 'n Blog toekenning - http://tekkies.wordpress.com/2008/09/10/blog-toekenning-02-09-2008/

    ReplyDelete
  2. Ag hulle lyk te pragtig na hulle gebad het. Ek kan net dink hoe 'n groot werk dit is!

    ReplyDelete
  3. Ek het ook nou jou blog ontdek! Dankie Xanika!!! Die hond wat in die borrelbad lê is te sweet!!!

    ReplyDelete
  4. Dankie vir die blog-toekenning en jou komentaar, Xanika. :)

    Welom hier, Wipneus. Ek hoop jy sal weer kom inloer. Ek sal beslis gereeld op jou blog gaan kuier - baie "food for thought".

    ReplyDelete
  5. Ninette, dis my eerste draai hier by jou. Jinne, maar jou hondekinders is pragtig, maar wat my opgeval het hoe OULIK hulle is, ek hou van die foto waar hulle met die boeke op die tafel sit. Hulle lyk so geleerd!

    ReplyDelete
  6. Hallo Zee, en welkom!! Bly jy het hier 'n draai kom maak.

    Dankie - hulle is so mal daaroor om te "pose" ... hulle is al amper profesionele modelle met die aantal foto's wat ek van hulle neem ... :)

    Groete
    Ninette

    ReplyDelete