Wednesday, April 30, 2008

Eerste inskrywing; my honde

Hey julle

My eerste inskrywing op my eie blog …. baie welkom aan almal wat hier lees. My blog het die naam “bordercolliecrazy” want ek is mal oor Border Collies, die swart-en-wit skaaphonde. Ek het vier van hulle – kom laat ek julle voorstel.

Ek het ‘n baie spesiale meisiekind, Micca, in 2005 verloor, maar het gelukkig twee van haar “puppies”, Jodi en Pancho.



Hier is Jodi. Sy is 11 jaar oud. Haar bynaam is Dodo want sy kan so verstrooid (m.a.w. dom – jammer, Dodo … ) voorkom. Okei, sy is nie dom nie, net bietjie stadig gemeet teen die gemiddelde Border Collie.











Hierdie spookgesiggie se naam is Pancho. Sy is Jodi se “litter sister” (Jodi is tweede uit die sewe kleintjies gebore, Pancho derde), dus is sy ook 11 jaar oud. Die twee sussies is baie lief vir mekaar, amper onafskeidbaar, maar ook bitter jaloers op mekaar. Pancho grom tot vir mens as mens per ongeluk haar “Jodi” noem. Sy het in 2006 baie goed gedoen in drie groot kompetisies, en ek het toe hierdie gediggie (geinspireer deur ‘n titel van een van Steve Hofmeyr se gedigte in sy digbundel “Valkuns”) vir haar geskryf:



Gesiggie

Hierdie is vir jou ‘n gediggie,
my meisiekind met die spierwit gesiggie,
om vir jou te sê, baie gou,
dat ek vreeslik trots is op jou.

Jy spring so vinnig en akkuraat,
dis moelik om te glo jy’s al tien.
Mense lewer altyd daarop kommentaar
wanneer hulle jou in aksie sien.

2006 was beslis jou jaar
met die drie groot titels agter jou naam!!
Die sertifikate gaan ek nog laat raam,
en die “rosettes” en medaljes baie mooi bewaar.

Dankie Panch, vir al die kere se mooi luister,
luister maar weer mooi waar ek nou vir jou fluister…
jy’s die oulikste meisiekind wat daar is.
My meisiekind se meisiekind, onthou dit gerus.

Dan is daar Baloo. Hy is 7 jaar oud, en is blou-en-wit (‘n grys-bruin kleur, wat meer skaars is as swart-en-wit). Hy is baie lief vir speel – ek dink nie hy gaan ooit volwasse word nie en ek noem hom my “permanent pup”. Sy gunstelling speeletjie is Frisbee, en hy is tipies Border Collie – soek net iets om te doen en is baie bly as hy sleutels kan help indra as ons uit was.




Last, but not least, is my gunstelling seun – Dazzle. Ja, ek weet mens mag nie een “kind” voortrek nie, maar as julle hierdie seuntjie ken sal julle verstaan. Hy is ‘n Kersdag baba, en het vier jaar oud geword met sy vorige verjaarsdag. Ek is baie lief vir die ander drie ook, maar Dazzle is regtig die spesiaalste, perfekste hond ooit.






My “hobby” is Agility, Dog Jumping en Flyball – ek neem meeste naweke deel aan kompetisies met die vier van hulle. Jodi en Pancho neem deel in die “veterans” klas in Non Contact Agility aangesien hulle nou al “bejaard” (77 in mense-jare) is. Baloo en Dazzle neem aan al drie "disciplines" deel.


Die “odd one out” is Kizmet, ‘n spaniel, wat die honde-gesin voltooi. Hy is vyf jaar oud, op Nuwe Jaar 2003 gebore.












Hier is al vyf van hulle saam. Van links na regs is dit Pancho, Jodi, Kizmet, Dazzle en Baloo, my vyf bedorwe, vierpotige "kinders".

Ek vertel volgende keer verder.

Tot dan – liefde
Ninette

3 comments:

  1. Hallo Ninette

    Baie Geluk met jou blog - en veral jou eerste inskrywing waar jy ons met so mooi en volledige beskrywing aan elke "kind" in hierdie familie voorstel. Ek was al bevoorreg om die "kinders" te ontmoet en eerstehands jou verhouding met hulle te aanskou - Ninette jy het 'n unieke talent om met veral border collies te werk en om hulle te hanteer (ek gaan nou nie hier ook nog oor die ander diere / voël familie uitbrei nie) -die verstandhouding en liefde tussen julle is so spesiaal dat 'n mens dit kan aanvoel in julle teenwoordigheid - en moet nie eers praat van die dissipline nie, my mond het behoorlik oop gehang, so verstom was ek - as ons menslike kinders maar net so gehoorsaam en gedissiplineerd was ?

    Mag jy nog baie sukses met die "kinders" behaal en mag hierdie blog van jou ook baie voorspoed en sukses geniet.

    Liefde

    Sharona

    ReplyDelete
  2. Nice page Ninette... Didn't know you had so many birds too. Tried to make my own blog today after I saw what you did with the Sunday show. It's fun.

    ReplyDelete
  3. Hi Ninette, I absolutely love Border Collies, have always had them as pets and or working dogs on the farm in Australia and now here in the RSA.

    Good luck with the blog, it's a .... load of work, but rewarding.

    XX

    Harvey

    ReplyDelete