Hallo julle.
As julle gedink het die vyf honde is al troeteldiere wat ek het, dink weer .... laat ek julle aan die res van die huisgesin voorstel:

Hier is Bonami. Wel, hy weet nie sy naam is Bonami nie - hy dink dis "
Skat". Hy kom saam met my van my studente dae in Potchefstroom af. My kamermaatjie van toe ons in die koshuis daar was het hom vir haarself gaan uitsoek die jaar wat ons albei in ‘n studentehuis gebly het (1994), maar sy is toe allergies vir hom en het hom vir my gegee. Die eerste keer wat ek hom gesien het was hy ‘n klein grys en wit bondeltjie wol en besig om op my kammie se kamer se vloer met haar ou (nou haar man) te speel. Ek onthou hy was baie bang vir geluide soos ‘n haardroeer, die grassnyer en ‘n fiets wat verby die kamer-venster jaag, en was verskriklik besitlik oor sy speel-speel muis wat ek vir hom by ‘n groot troeteldier-winkel naby Boksburg erens vir hom een naweek gekoop het. Nou is hy te
grand om te speel, en is so bederf dat hy verwag mens hom kombuis toe moet dra vir ete ….! Sy gunsteling tydverdryf is om die honde te intimideer – hy sit by die trappe waar die honde by die stoep op kom om in die huis te kom, en dan klap hy hulle soos hulle verby hom probeer glip.

Dan is daar Yoko, die African Grey. Ons het hom vandat hy klein en nog sonder vere was. Hy is nou so agt jaar oud. Hy praat vir ‘n vale en is tweetalig – hy se ons telefoon nommer, "Goodnight", "I love you Mom", "What are you doing?", "Hello Skattebol", en hy roep die honde en raas met hulle as hulle blaf. Hy is ook nogal ‘n terggees – hy sal in die oggend se “Goodnight”. Dan moet mens baie verbaas vir hom se “Nee, Yoko, dis nie Goodnight nie!”, dan se hy met so ‘n chuckle, “Dis Goodmorning”. Ons probeer hom leer om te se “Maak die Bulle almal Bokke” en hy kry dit nog nie heeltemal reg nie. Dit kom partykeer uit as “Maak die almal Bokke” of “Maak die Bokke Bokke .. almal Bokke” maar ek glo hy gaan dit nog kan se.

Die ander mak papegaai in die huis is
Sunny, my Sun Conure. Sun Conures is baie lawaaierig, maar wat hulle spesiaal maak is dat hulle daarvan hou om ge
cuddle te word. Sunny is baie soeter as Yoko wat betref gesond eet. Yoko wil basies net appel, sy saad, sy
parrot maintenance pellets en (sy gunsteling) Pecan neute he, maar Sunny eet appel, mealies, papaya, druiwe, is mal oor vrugtesap ens. Hy is nou so vier jaar oud. Toe ek hom gekry het was hy meestal groen, en soos hy groot geword het, het sy kleur verander na geel-oranje toe. Vandaar die naam vir hierdie tipe papegaai – hulle lyk soos die kleur van ‘n sonsondergang; te pragtig.

Hierdie is
Buzz, ‘n wit Koketiel wat weereens met die hand groot gemaak is. Sy lyk soos ‘n engel wanner sy haar vlerke uitsprei.
Dan buite in die
aviary is my Budgies, nog ‘n wit Koketiel en drie Lovebirds. Al drie die lovebirds het ons gevang toe hulle (op verskillende tye) in ons tuin was – hierdie foto (onder) is van toe ek vir
Houdini gevang het (saam met ‘n duif wat ek natuurlik weer laat gaan het).

Okei, weereens baie dankie aan almal wat hier gelees het. Sharona, baie dankie vir daardie mooi komentaar (my enigste komentaar tot dusver ..) by my eerste inskrywing- ek waardeer dit baie!
Volgende keer vertel ek van my vorige honde.
Tot dan – liefde
Ninette
Hello Ninette
ReplyDeletedis nou 'n nice idee hierdie blogspot van jou.. sommer so vinnig ken ek nou weer jou hele 'familie' en is op datum met al die 'kinders'.. en ek is mal oor jou gediggies, het nooit geweet jy kan skryf nie! Well done met 'n oulike blog, ek gaan beslis gereeld hier kom inloer!
liefde
Deidre