Wednesday, July 30, 2008

My "run of bad luck"

Hallo julle

Ek het baie lanklaas geblog. Die rede: dinge het maar rof hierdie kant gegaan, en 'n hele klomp
dinge het vir my skeef geloop.

Voor die vakansie het iets gebeur waaroor ek verskriklik voel: ek het die Biologie Departement se T.V. trollie laat omkantel...! Die T.V. , video masjien en DVD recorder het op die grond beland! Gelukkig werk die T.V. en video masjien, maar die DVD recorder het seer gekry en die remote is stukkend..! Ek kon dit nie glo dat so iets my oor kom nie - ek probeer so versigtig wees!

Die tweede ding wat verkeerd geloop het was dat ek uitgevind het dat Dazzle, my "blue-eyed boy", hip dysplacia het. Ek was eers baie hartseer daaroor maar myself gou reg geruk deur te besef dat ek gelukkig is om hom nog te hê. Ek sal nie met hom kan teel nie en dus nie my "Sparkle" kry nie, maar "so what", ek het vir Dazzle en waardeer hom nou nog meer as voorheen. Sy hip dysplacia is darem ook nie so erg dat hy nie meer mag spring nie - hy het tot sy Agility klas gewen die naweek nadat ek van die hip dysplacia uitgevind het.

Dan derdens het my laptop/notebook opgepak ... baie frustreerend om die minste te sê. Ek moet maar weer spoedig vir my een kry. Die van julle wat vir my e-pos op my mweb adress, moenie "worry" nie - ek kry nog die e-pos by die skool op MWEB se "message centre".

'n Vierde ding: 'n Teacher's Assistant het my bakkie gestamp net voor die skool vakansie - sy het uitgeswaai vir 'n kind en my geparkeerde bakkie gestamp. Wat my woedend gemaak het is nie dat sy bakkie gestamp het nie - ongelukke gebeur - maar die feit dat sy na my toe gekom het met die woorde "I may have scratched your car" en ek toe dink dis nie te erg nie. Toe ek pouse gaan kyk, kry ek 'n "nasty surprise" en sien ek dis nie 'n krapmerkie nie maar 'n duik...! R1400 se skade!



Toe in die vakansie het vakansiegangers van Randburg in my vas gery - hulle "het ons nie gesien nie" en voor ons ingedraai .... R4100 se skade ....!


Dis vyf goed. Hulle sê dinge kom in 3's .... hopelik is my "run of bad luck" vir eers verby.

Sal weer binnekort 'n inskrywing maak.

Liefde
Ninette

No comments:

Post a Comment