Gister het ons die eerste skou van 2010 gehad, en Ozz het vir die eerste keer in Agility deelgeneem - hy het nou wel nie 'n plek gekry nie maar eintlik mooi gespring. Ek is opgewonde daaroor dat hy al sy contacts te pragtig gedoen het en dat hy mooi in die vlegpale ingegaan het. In die Dog Jumping rondte is hy gediskwalifiseer by die tweede jump (hy het dit van die verkeerde kant gespring) maar die res van die rondte was heel goed vir so 'n jong hond gewees... ek's trots op my Ozzie-kind.
Die vakansie is verby, en dit was lekker gewees - was na drie konserte toe ... Steve Hofmeyr, Mathys Roets en Kurt Darren s'n. Die drie is so verskillend van mekaar - Steve s'n was energiek en vol humor, met sy live band wat saam met hom toer. Mathys s'n was rustig met liedjies met baie mooi melodie en lirieke. Kurt s'n was opgewek en met baie kinders uit die gehoor wat op die verhoog saam met hom was en sy lirieke woord vir woord geken het. Ek het al drie verskriklik baie geniet.
Steve en Andries
Mathys
Kurt
Dan wil ek nie hartseer word nie so ek gaan maar net vinnig sĂȘ: my Jodi-meisiekind is oukersaand honde-hemel toe - ek mis haar natuurlik verskriklik baie en het al baie trane oor haar gestort, maar ek probeer myself daaraan troos dat sy regtig 'n goeie lewe gehad het en ek het "good memories" wat vir ewig sal bly .. ek sal later as ek sterker voel 'n entry oor haar doen, met foto's by.
Voorspoedige 2010 vir julle.
Liefde
No comments:
Post a Comment