Ek weet ek het lanklaas geblog - dit was net te 'n bedrywige tydjie.
Dit reen so baie dat ons deesdae baie min geleentheid kry om strand toe gaan, maar hier is 'n paar foto's van toe en die drie seuns so twee weke terug bietjie die Sondag oggend gegaan het:

Dazzle in die water, maar Baloo is nie lus om sy pote nat te kry nie

Dazzle "pose" weer vir die kamera

Baloo kyk na daardie water, veilig en droog op die rots

Die seuns klim uit hulle uit op die rots, draai om en kyk vir my .. "Wanneer neem jy nou 'n foto, Ma?"
Sjoe, dis amper vakansie. Die kersfees-liggies is op langs die hoofstraat, en dan weet ek die jaar is amper op sy rug. Maar daar gebeur nog 'n paar lekker dinge voor dit verby is. Sal nog daaroor blog.
Mooi bly, en geniet die naweek, almal.
Liefde
No comments:
Post a Comment