Jodi (so 3 maande oud) en haar mamma, Micca

Julle weet van die vorige inskrywings dat sy deel is van die eerste (en sover die enigste) werpsel hondjies wat ek nog geteel het.
Ek sou aanvanklik nie vir Jodi of Pancho gehou het nie. Jodi sou na 'n vriendin van my ma toe gegaan het, en Pancho sou my neefie s'n wees. Maar toe werk dinge nie so uit nie en albei bly by ons. Jodi was van die begin af meer bedees as Pancho. Ek het haar "Dodo" genoem omdat sy so verstrooid (ek wil nie die woord "dom" gebruik nie..)voor gekom het. Sy sou by die beginpunt op 'n Dog Jumping baan sit en rondkyk, en ek sou haar dan moes roep om haar te herinner dat sy eintlik nou moes spring in plaas van droom. Maar omdat sy nie oorgretig was nie het sy gouer beter gedoen in Dog Jumping en Agility as Pancho. Maar haar geaardheid was ook so dat sy ook gouer ouer geword en gouer af getree het as Pancho.

Haar gunsteling toertjie was dat ek agter haar staan, en sy dan op haar agterpote op sit met met haar voorpote in die lug en met haar rug teen my bene leun. Sy kon nooit frisbee speel soos Micca , Pancho en Baloo nie - sy het net na die frisbee so gekyk as dit verby haar kom. Wat sy wel van gehou het is sokker - ek het nog haar plastiese sokkerbal-squeaky toy wat ek vir haar geskop het en wat sy dan agter aan gehardloop het en terug gebring het tot by my voete dat ek dit weer vir haar skop. Sy het nie daarvan gehou dat dit gegooi word nie.
Sy het so van Oktober/November se kant sieker en sieker geword - haar niere het begin ingee en sy het so gesukkel om te loop en haar balans te hou dat ons uiteindelik besef het dis beter vir haar om haar te laat uitsit. Dit was bitter moelik om haar te vat - ek voel nou nog verskriklik sleg daaroor, maar ek weet dit sou wreed en selfsugtig gewees het om haar nog langer te laat swaar kry het.

No comments:
Post a Comment