Monday, October 4, 2010

Hard aan die Agility oefen

Ek en my "kinders" oefen gereeld Agility - gemiddeld so twee keer per week by die klub en dan nog so twee of drie keer per week by die huis. Die oefen by die huis is kort sessies - ek wil dit regtig nie met hulle oordoen nie.

Ons het Saterdag middag geoefen in die tuin, en ek het al ses honde 'n beurt gegee. Pancho wat amper 14 is doen nog die vlegpale so vinning; Baloo, Dazzle en Ozz oefen ek die "contacts" en vlegpale mee, en Sparkle wat net-net kort van vyf maande is doen haar cavaletti's en ook die "contacts". Kizmet doen ook die contacts so af en toe net vir die pret:


Dazzle, Ozz and Baloo on the contact trainer


Baloo


Dazzle


Ozz


Kizmet


Sparkle doen haar contacts

Sparkle het Saterdag geleer om die "tyre" jump te doen. Ek is regtig opgewonde vir die toekoms want sy wys skielik ongelooflike potensiaal - waar sy tot nou aan die stadige, versigtige kant was, is daar van Saterdag af skielik 'n nuwe vonkel in die oogies as ons Agility doen en sy tel spoed op .. en sonder dat ek haar geleer het, spring sy uit haar eie uit in my arms deur net te gesien het dat Dazzle dit doen.


Sparkle doen die "tyre" jump - kyk net die entoesiasme .. :-)

Ek sal julle op hoogte hou met haar en die seuns se vordering.

Liefde

2 comments:

  1. Ninette... hulle is almal net te pragtig en lyk so oulik!... en ek dink slim verseker. Geniet! jou honde~kinders en sterkte met al hul kompitisies en dingetjies.

    Mooi daggie en week verder... *smile*
    Mwah!!.... xx
    Louise Visser

    ReplyDelete
  2. Dankie Louise - ek waardeer regtig jou besoek aan my blog en jou comment!!! Lekker dag en week vir jou ook. :-)

    ReplyDelete