Tuesday, September 14, 2010

Border Collie Club Open Show 12 September 2010

Ek moet my woorde in die vorige inskrywing sluk oor juffrou Sparkle wat koddig lyk: Vrydagaand hou sy haar oortjies skielik weer reg, en Sondag oggend skryf ek haar in vir die Breed klas by die skou. Op 4 maande neem hondjies in die "Special Puppy" klas deel, en sy wen toe haar klas teen vier ander baie mooi teefies. Daarna moes sy toe teen al die ander puppy klasse se wenners te staan kom (reuntjies en teefies tot 12 maande oud) in "Best Puppy in Show", en my dag is gemaak toe sy daar as die wenner aangekondig is. Dit het beteken dat sy toe deurgaan "Best In Show" toe en sy moet meeding teen al die volwasse Border Collie klasse se wenners ... 'n ouer teefie wen toe "Best In Show", en Sparkle wen "Reserve Best In Show" ..!!!


Sparkle met haar "Best Puppy in Show" en "Reserve Best In Show" rosettes en pak hondekos wat sy gewen het ... haar eerste rosettes by haar eerste skou ooit, en dit op presies 4 maande en vyf daggies oud!

Ek sou nie vir Dazzle ook in Breed inskryf nie, maar is omgepraat om dit wel te doen toe ons daar is - hy is nie eers gebad nie, maar hy het ook baie goed gedoen. In die Best In Show het Sparkle teen Dazzle te staan gekom wat sy klas (Open Dog - honde van 12 maande tot 7 jaar) gewen het. As die Best In Show 'n teefie is, kies hulle dan die mooiste reun as "Best Opposite Sex", en raai wat? Dazzle stap toe met daardie titel weg! :-)


Dazzle in die ring, besig om ge"judge" te word in "Best Open Dog, die klas vir reun-honde van een tot sewe jaar oud"

In die Agility en Dog Jumping het my Border Collie kinders (Baloo en Dazzle) minder goed gedoen omdat ons van arena na arena gehardloop het die hele dag, maar my Aussie kind (Ozz) het Dog Jumping Grade 2 gewen om sy eerste kwalifikasie te kry. Ek was baie trots op hom ook.

Nou ja, tot volgende keer - goed gaan.

Liefde
rige inskrywing

2 comments:

  1. Dit was 'n goeie dag by die skou! Baie geluk met al jou honde se prestasies Ninette, ek weet hoe trots mens voel net om hulle te sien meeding selfs.

    ReplyDelete
  2. Dankie Sandra - ja, dit het baie vir my beteken dat hulle so goed doen!

    ReplyDelete