Monday, September 22, 2008

Die naweek se honde-foto's

Goeie more almal

Ons was veronderstel om gister 'n hondeskou te gehad het, maar dit het Vrydag nag en die hele Saterdag so gereën dat die skou afgestel is. Gister het dit darem opgeklaar en moes my honde-kinders "pose" vir 'n foto sessie - hier is van die foto's:

Eers die twee meisie-kinders, Jodi en Pancho:


Toe die seuns, Baloo en Dazzle, saam:


Baloo op sy eie:


Toe Dazzle alleen:





Ek dink hierdie moet een van my gunsteling foto's van Dazzle wees - min wat ek 'n sheep-herding pose kan afneem; hy "herd" vir Kizmet.

"Last but not least" - Kizmet:



Lekker week vir julle - hey, twee daggies, dan 'n vakansie dag! Heerlik.

Liefde
Ninette

2 comments:

  1. Hi Ninette

    Ag mense jou honde kinders maak elke keer my hart spookasem!

    Ek is mal oor die foto waar Dazzle lê!

    Lekker kort week, geniet dit!

    ReplyDelete
  2. Dankie Muriel - - hulle is regtig my lewe. Hulle gee mens net onvoorwaardelike liefde. Kyk, hulle is maar stout ook - eet (steel?) byvoorbeeld die kat se duur veearts-kos van die tafel af (asof hulle nooit hulle eie kos kry nie!), en gee mens baie ekstra werk met hulle hare wat die huis vol gelos word ens. maar ek sal nie sonder hulle kan nie.

    Geniet jou week ook.

    ReplyDelete