Wednesday, September 17, 2008

Gediggies

Hallo julle

Ek wil twee gediggies wat ek geskryf het met julle deel. Hierdie eerste een het ek geskryf toe ek in matriek was, oor 'n outjie wat ek baie van gehou het:

Afskeid

Ons sit langs mekaar in die bus,
en gesels gemaklik oor ditjies en datjies,
goeie vriende in jou oe, veel meer as net dit in myne

Ons paaie gaan skei....
die verloop van die lewe –
jy bly hier en ek gaan universiteit toe.
Jy gaan my seker gou vergeet
maar ek nooit vir jou nie

Moenie dat die lewe se teleurstellings
sterre breek in jou oe.Bly altyd soos nou, al is jy ‘n man.


Hierdie tweede een het ek geskryf oor 'n outjie wat ek op 'n kamp ontmoet het toe ek in my derde jaar op universitiet was:

Kampvriende

Ek en jy het goeie maats geword,
albei geweet daar is ietsie meer…..
lekker gesels op die strand in die aand
terwyl die maan die water silwer kleur;
ook gesien toe dit bloedrooi een aand
bokant die horizon verskyn.

Ek onthou hoe jy lyk as jy volleyball speel,
en hoe jy respek by die ander afgedwing het
met jou mooi geaardheid en jou sterk persoonlikheid.
Ek onthou jou glimlag (spesiaal vir my?)
en jou besorgheid wanneer ek hartseer was.

Die meisies in my kamer wou weet of ek verlief is,
en ek het dit ontken.
Hulle wou weet of ouderdom saak maak
en ek het gese ons is net vriende.
Ek het toe my vriendin gevra hoe raak ‘n student op ‘n matriek seun verlief.
Sy’t geglimlag en gese “Baie maklik”…
op jou, baie maklik, ja!

Dit was ‘n lekker kamp –
ek dink baie terug daaraan
en veral aan jou.
Ek droom oor hoe dinge kon gewees het …..
dis ‘n mooi droom, omdat jy, my kampvriend, daarin is.


Tot volgende keer, mooi bly.

Liefde
Ninette

2 comments:

  1. Baie mooi!

    Jy laat my nou verlang na my jong dae!!! Verlief was soooooo lekker!


    Geniet die dag!

    ReplyDelete
  2. Dankie Muriel/Wipneus - ja, dit is lekker, maar ook seer as dit net van een kant af kom soos in die eerste gedig.

    Geniet jou dag ook.

    ReplyDelete