Ek kan dit nou nog nie glo nie want ek doen nie as 'n reel Breed met Dazzle nie, maar ons het baie goed gedoen by die skou gister. Dit was die Border Collie Club se skou, en ek het vir Dazzle in 'n paar klasse ingeskryf;
In "Open Dog" (tussen 2 en 7 jaar oud) het hy 'n eerste gekry; in "Best Gait" (hoe hy beweeg) het hy 'n tweede gekry; in "Best Head" het hy teen sy boetie te staan gekom en eerste gevat. Toe die hoogtepunt - van al die Border Collie's in die skou het hy "overall" tweede gekom en dus die "Reserve Best in Show" titel gevat. Ek is so trots op my seuntjie!
Dazzle met sy rosette en prys vir "Reserve Best in Show"
Dan het hy ook nog saam met 'n agt-jarige seun ge"show" in Child Handler (waar dit gaan oor hoe die kind die hond wys) en hulle het ook 'n eerste gekry.
Dazzle en Kegan met Kegan se "Child Handler" prys
Die agtility en jumping het minder goed gegaan, maar wat, volgende keer sal ons daarin weer goed doen.
Dankie vir julle comments en ondersteuning - dit beteken baie. Ek hoop julle almal het ook 'n lekker naweek gehad. Geniet die week voorentoe. :)
Liefde
Ninette


Baie geluk, Dazzle is pragtig en julle verdien dit!
ReplyDeleteBaie geluk aan Dazzle!! Kyk hoe lag hy oor al sy pryse he he
ReplyDeleteNinette jy kan baie trots wees op jou seuntjie!!!
Lekker week vir jou!
Dankie, Xanika en Wipneus! :)
ReplyDeleteYou go boy!!!
ReplyDeleteBaie geluk Dazzle.....
Ninette, baie geluk. Dazzle is pragtige hondekind!!
Dankie, Zee!! :)
ReplyDeleteEk het weer vir jou kom kuier!!!
ReplyDelete