Tuesday, October 14, 2008

Jodi se operasie

More julle

Ek is maar vandag bekommerd oorJodi - sy is netnou in veearts toe vir 'n operasie.

Sy het 'n groeisel op haar rug ontwikkel wat groter en groter geword het, en wat uitgesny moet word. Een ligpuntjie - die veearts het so maand terug tydens 'n ondersoek gesĂȘ dis nie kanker nie. Ek is verlig daaroor, maar dis nog steeds vir my nie lekker dat sy op amper 12-jarige ouderdom narkose moet kry nie, en dit was ook swaar om nie vanoggend vir haar kos te gegee het of haar toegelaat om water te drink nie....sy verstaan nie hoekom die ander mag eet en drink en sy nie! My arme mesiekind. Ek kan nie wag om haar vanmiddag te gaan haal nie!!

Ek het netnou voor ek by die huis weg is hierdie foto's geneem, van Jodi alleen en dan saam met Dazzle, Baloo en haar sussie Pancho:





Lekker dag vir julle.

Liefde
Ninette

Edit: (19:45) Ek het vanmiddag vir Jodi gaan haal - ek was redelik geskok oor die grote van die sny ... ek het nie gedink dit gaan so groot wees nie! Dit het tot 'n "drain"in.



Sy is okei, het painstillers in en is nog baie slaperig na die narkose. Sy het lekker gele en doeks tot aandete, en na aandete weer heelik droomland toe.

7 comments:

  1. Ninette, dis sleg!! Hoe gaan dit met haar???

    Ek kan glo dat jy bekommerd was, mense se diere is soos jou kinders!

    ReplyDelete
  2. Hallo Wipneus

    Dit gaan okei met haar - jy sal sien ek het die inskrywing ge"edit" ... sy is rustig besig om die effek van die narkose af te slaap.

    Baie dankie vir jou comment en jou belangselling. Ek was baie bekommerd dat sy onder narkose moes gaan - baie meer as wat ek in die inskrywing laat deurskemer het - omdat haar boetie toe hulle so 'n jaar en 'n half oud was 'n reaksie teen narkose gehad het en dood is onder operasie ... ek het geeis dat dieselfde met my meisiekind gebeur, maar ek het volle vertroue in my veearts en hy het my verseker dat hy eers 'n bloedtoets sou doen om te sien of sy okei sal wees ens. Gelukkig het alles goed afgeloop!

    ReplyDelete
  3. Ninette, ek is so bly dat dit ok gaan met jou honnekind!!

    Ek is nou nog so spyt dat ek nie my mails oopgemaak het nie *sad*

    ReplyDelete
  4. Hallo Zee

    Dankie, ek ook ...

    Maak nie saak oor e-pos nie - soos jy gesĂȘ het, volgende keer :)

    Lekker dag.

    ReplyDelete
  5. Ninette ~ ek is so bly om te sien Jodi is okay. Het vanoggend weer kom inloer en sien toe eers van die operasie. Baie sterkte vir Jodi, hoop sy is gou weer heeltemal reg en dat dit verder met haar bie goed sal gaan.

    ReplyDelete
  6. Dankie, Xanika, ek waardeer dit!

    ReplyDelete
  7. Hi Ninette

    Sjoe maar dit was 'n lang sny!

    Ek is bly alles het goed afgeloop!
    Dis te verstane dat jy so bekommerd was, ons hondjies is ons kinders!!
    :-)

    x x

    ReplyDelete