Monday, October 6, 2008

Baloo wen die KZN Champs!!!

Hallo julle

Ek weet ek was stil die afgelope week of wat gewees, maar ek was op vakansie ... nou's ek terug.

Die afgelope twee naweke was baie bedrywig gewees, al was ek op vakansie. Ek en die twee vierpotige seuns het aan vyf skoue deel geneem, en dit was vyf besige maar suksesvolle skoue gewees.

Verlede naweek het ons huis toe gekom met vyf eerstes, vier tweedes en een derde plek. Baloo het nou agt Qualification Certificates in Non-Contact Aglity.


Baloo en Dazzle by hulle pryse van die 4-skou naweek, 26 - 28 September

Toe hierdie afgelope Saterdag, die 4de Oktober, het ons ons KZN Agility en Dog Jumping Championships gehad. Dit was 'n baie goeie dag gewees vir die honde - heerlik koel en bewolk maar geen reen nie. Dazzle het baie mooi rondtes gehad, net elke keer 'n jump of twee gestamp, maar Baloo was absoluut op vorm! Ek het hom nog nooit so gefokus en "in-sync" met my beleef nie, en ons het die Dog Jumping sowel as die Non-Contact Agility Championships gewen ... ek is regtig baie, baie trots op daardie seun! In die Jumping veral het hy sy intelligensie bewys - hy was ver voor my en ek moes hom terug roep na my toe verby 'n jump, en vir 'n breukdeel van 'n sekonde kon ek die frons op sy gesig sien wat vra "Hoekom verby en nie oor die jump nie?" en toe die besef dat hy dit van die ander kant moet spring, weg van my af ... ek noem dit sy "aha-oomblik". Hy het homself oortref.


Baloo, die 2008 KZN Dog Jumping en die 2008 KZN Non-Contact Agility Champion..!

Lekker dag en week vir julle.

Liefde
Ninette

4 comments:

  1. Wow Ninette dis fantasties!!! Baie, baie geluk aan jou en jou kinders!!

    Sjoe! Ek sal ook gebars het van trots! Dit wil gedoen word!

    ReplyDelete
  2. Hallo Muriel. Baie dankie! Ja, ek is regtig trots op hom - hy was 'n ster gewees!

    Lekker dag.

    ReplyDelete
  3. Hulle is so pragtig en dat hulle so goed doen is 'n bonus. Baie geluk!

    ReplyDelete