Thursday, January 22, 2009

Foto's van die eerste drie weke van 2009

Hallo julle

Ek het lanklaas 'n inskrywing gemaak - jammer daaroor, maar dinge gaan maar besig ... sien, ek is weer hierdie week terug werk toe na amper ses weke vakansie, en dit het gevoel asof ek deur 'n golf getref en omgestamp is ... ek was gister middag so moeg dat ek vir 'n uurtjie geslaap het toe ek by die huis kom, weer vroegerig gisteraand gaan inkruip het maar toe natuurlik 2.30 vanoggend wakker geword en nie weer 'n oog toegemaak nie ..

Maar wat, hier is 'n paar foto's van hierdie eerste drie weke van 2009, voor die dag in volle vaart begin:


My gunsteling roos - 'n "Blue Moon", kompleet met doudruppels, geneem die 1ste Januarie


My ses honde - Baloo het vir Ozz nou al aanvaar en hulle kan tot langs mekaar "pose", pote oorkruis ...!Dis ook die 1ste Januarie geneem


'n Loerie in 'n papaya-boom in ons tuin, besig om heelik te smul aan 'n ryp papaya..die 5de Januarie


Baloo op die strand, 10 Januarie

Tot volgende keer, mooi bly.

Liefde
Ninette

6 comments:

  1. Ninette weet jy dit lyk of jou honde geleer is om te pose? Is hulle? Ek is mal oor jou gunsteling roos! Baie mooi foto!!

    Ek is net so gek oor die Loerie foto!! Jy kan maar gerus vir ons van jou fotos plaas! Ek geniet dit gate uit!!

    Lekker naweek!
    Lovies

    ReplyDelete
  2. Hi Muriel. Hehe - ja, hulle is seker geleer omdat hulle so gereeld afgeneem word. Hulle is so gewoond daaraan om afgeneem te word dat hulle (veral Dazzle) doodstil hou tot hulle die kliek-geluid hoor, dan weet hulle dat hulle weer kan beweeg.

    Dankie vir jou comment! Ek is mal daaroor om foto's te neem - my kamera is altyd by my. :)

    ReplyDelete
  3. Ek dink is ek verlief op jou honde! :) Hulle is absoluut pragtig!

    ReplyDelete
  4. paulac - baie, baie dankie; om eerlik te wees, ek dink ook hulle is pragtig, indien nie DIE pragtigste honde in die hele wereld nie! :)

    ReplyDelete
  5. Dankie Muriel, vir jou ook. Hoop dis 'n lekker en rustige een daar.

    ReplyDelete