My twee vierpotige-meisiekinders is vandag 12 jaar oud. Hulle is mos twee van sewe puppies van die enigste werpsel wat ek nog ooit geteel het. Hierdie huis is dus die enigste huis wat hulle nog ooit gehad het. Ek kan nie dink dis twaalf jaar terug dat hulle hier in die waskamer gebore is vroeg die oggend net na middernag nie en dat dit 12 jaar terug is wat ons ons aan hierdie klein hondjies verwonder het nie.
Vanoggend het nie te goed begin nie - terwyl ek op die rekenaar werk en dink Ozz (nou 6 maande oud) is buite, le die meneer ewe op my bed my selfoon en kou. Die foon werk nog (ek kan bel en oproepe kry) maar die skerm is gekraak en ek glad nie sien wat daar aangaan nie. Gelukkig het hy nie die simkaart beskadig nie, en kon ek dit in my ou foon sit. Ek was so kwaad vir hom!
Daarom my besluit om Ozz en Kizmet by die huis te los en "net" die vier Border Collies strand toe gevat:
Die vier van hulle saam
Jodi
Pancho
Later het ek natuurlik vir Ozz vergewe. Vanmiddag het ek hulle ses goed geborsel, en het hulle "chews" gekry:
Reisies jaag om te sien wie is eerste klaar...
Die ses "pose" rustig saam na hulle treats en 'n goeie borsel
Hoop 2009 het julle goed sover behandel. Praat weer oor 'n paar dae.
Liefde
Ninette
Ninette ek het lekker gegiggel vir Ozz wat op jou selfoon wil bel! whahaha
ReplyDeleteJaaaa!! jy moet oppas kinders vang baie stoute goed aan!
Baie geluk met die verjaarsdae, ek sien hulle het lekker koek gekry!
Ag vriendin jy het die mooiste hondekinders! Gee maar vir hulle bietjie liefde van my ook!
Lekker naweek verder (sonder jou selfoon) hie hie
Liefde
Muriel, Ozz wou seker die DBV bel om my te rapporteer omdat ek so 'n paar minute laat was met hulle otbyt ... :)
ReplyDeleteEk het hulle elkeen 'n drukkie van jou af gegee, en hulle se dankie daarvoor :)
Lekker Sondag vir jou ook.
Ek is so bietjie laat met die Happy Birthday wishes.
ReplyDeleteLyk of julle 'n lekker dag gehad het. Sjoe, ek sal wat wou gee om daar by jou omgewing te kon bly... Ek sou elke dag op die stand gewees het.
Dankie, Zee - ja, hulle het dit geniet.
ReplyDeleteEk kom agter ek waardeer nie regtig die see en alles hier nie - ek werk daaraan om dit wel meer te waardeer en nie as vanselfsprekend te aanvaar nie. :)
Ek is mal oor die foto waar hulle 4 op die rots staan. Pragtig!
ReplyDeleteBaie geluk met die meisiekinders se verjaarsdag. Mag daar nog vele wees :)
Dankie, Paula, ek wou eers net die twee meisiekinders afneem maar die seuns wou eers nie hoor om nie ook saam te "pose" nie. :)
ReplyDeleteHello vriending ek kom net gou sĂȘ: Lekker naweek!
ReplyDeletex x
Hallo Muriel! :)
ReplyDeleteBaie dankie - lekker naweek vir jou ook.
Aai, ek wens ek hoef nie Maandag terug te gaan werk toe nie .... nog net een daggie oor.
Hoop dit gaan goed daar by jou.
Dis eerste keer dat ek hier kom inloer, jou hondekinders is pragtig!
ReplyDeleteHallo, Sandra. Welkom, en dankie!
ReplyDelete