Monday, February 2, 2009

Baloo en Dazzle kry "Top Achiever's" toekennings

Hallo julle

Dinge gaan dol hierdie kant, maar ek het nou 'n paar minute om julle van my twee seuns te vertel.

So die middel van Januarie kry ek die goeie nuus dat hulle gelyk-op gekom in die Flyball 2008 liga, en ons is dus uitgenooi na die Top Achiever's Awards Ceremony wat gister plaas gevind het by Shongweni, Durban.

Dit was 'n lekker, gesellige geleentheid, en ek is regtig so trots op my seuns. Dit is so lekker dat hulle gelyk-op geeindig het, en een nie die ander een gewen het nie.

Hier is 'n paar foto's:


Ons kry ons toekennings by Nigel Edwards


Saam met ander wat ook toekennings ontvang het


Baloo en Dazzle met hulle medaljes, rosettes, sertifikate en pryse


Baloo


Dazzle

Nou ja, ek beter aan die werk spring. Lekker week vir julle.

Liefde
Ninette

6 comments:

  1. Whahaha kyk net hoe sit hulle en pose vir die kamera! Dis vir my so oulik!!

    Baie geluk aan jou, Baloo en Dazzle!!

    Hulle was die mooiste honde!!!

    Lekker week vir jou!!
    x x

    ReplyDelete
  2. Baie geluk Baloo en Dazzle!
    Geniet jou week :)

    ReplyDelete
  3. Dankie vir julle mooi woorde, Muriel en paulac - lekker week vir julle ook! :)

    ReplyDelete
  4. Baie geluk met jou seuns se prestasie. Een van my katte was ook Baloo (vernoem na die ou beer in Jungle book) en sy was so 'n regte dier vir cuddle is jou Baloo ook 'n cuddle hond?

    ReplyDelete
  5. Hulle is so pragtig en ek is so bly vir hulle dat hulle gelyk gekom het - en vir jou! Wens Kiara wou so mooi sit vir 'n foto, maar sy is heeltemal te besig!

    ReplyDelete
  6. Sandra, dankie. Ja, my Baloo is na die beer in Jungle Book vernoem - sy teler noem al haar "litters" uit Disney flieks uit. Hy hou nogal van cuddles, maar wanneer hy lus is daarvoor - ek moet hom nie roep daarvoor nie, dan beur hy weg; ek moet wag tot hy die gier kry en pens en pootjies bo-op my skoot kom klim. :)

    Xanika, dankie - dis lekker om nie een van die twee voor te trek nie. Werk maar aan die "stay" command met Kiara - sy sal soos myne gou leer om te "pose" as sy die kamera sien. :)

    ReplyDelete