Gisteraand was ek by 'n konsert van Theuns, Bok en Dozi - hulle drie saam se konsert word mos die "Trippel Toer, 3 keer beter" genoem.
Die sitplekke was ongereserveer, daarom was ek al 4 uur die middag daar (die show het eers 7 uur begin..) om goeie sitplek te kry. Daar was al klaar 'n ry mense voor my daar. Theuns-hulle was besig om klank-toetse te doen, en so 4.20 het hulle verby ons gery op pad uit, en kon ons in die tent in gaan. Ek het 'n boek saam gevat en gesit en lees, en glo my, ek was nie die enigste een wat dit gedoen het nie - teen 4.30 was die tent al vol! Op die ou ent was ek reg voor, reg in die middel. Beter sitplek kon ons nie voor vra nie:
Goeie sitplekke (reg voor, in die middel!) het dit die moeite werd gemaak om vroeg daar te wees
7 uur het die manne hulle verskyning gemaak en die konsert het begin. Dozi en Bok is regte karakters, vol grappe en dinge. Na Bok "De La Rey" gesing het (met Theuns en Dozi wat die koor saam sing), kry Bok 'n soen op sy wang van Dozi af en ons almal skater van die lag. Bok het op sy beurt 'n paar grappe vertel. Theuns is die stiller en besadigde een van die drie, en aai, hy het so 'n mooi "dimpel" wanneer hy glimlag.
Natuurlik het elkeen van hulle eie treffers gesing - Theuns met "Soos bloed" en "Jou asem", Bok met "De La Rey" en "Ons vir jou, Suid Afrika", en Dozi met "Tussen jou en my" en "Grassade" het die gehoor op hulle voete gehad.
Theuns
Bok
Dozi
Theuns, Bok en Dozi
Buite het dit hard gereen, en teen die tyd wat die konsert verby was, was die tent al modderig binne. Die "autograph" sessie was chaos, met honderde mense wat tou staan (of in druk), maar al drie van hulle was rustig, het hulle tyd geneem met elke een en was baie vriendelik. Theuns se hemp was sopnat van die reen maar dit het hom nie gepla nie. En toe ek langs Dozi staan vir 'n foto, tel hy my op want "Jy's so ******* kort" - ek het so gelag.
Toe die autograph sessie verby is, is die reen ook toe sommer weg en kon ons darem sonder om te nat te word by die huis kom.
Nou ja, lekker dag vir julle. Geniet die laase paar dae van 2008.
Liefde
Ninette
Wow ek kan sommer lees hierdie was nou baie lekker!
ReplyDeleteVoorspoedige 2009 vir jou en jou geliefdes Ninette! Vol geluk, liefde en magic!!
x x
Dit was lekker, ja - ek wou nou al lank vir Theuns live sien, en was nie deur een van die drie teleur gestel nie. Ek dink nog Stefaans is die beste, niemand het sy verhoogpersoonlikheid nie, maar ons ander sangers is ook oulik.
ReplyDeleteDankie, Muriel, vir jou ook! Ek waardeer dit. :) Ons gesels weer in die nuwe jaar!
Ninnete, 'n baie voorspoedige 2009 vir jou en jou honnekinners!
ReplyDeleteBaie, baie dankie, Zee. 'n Voorspoedige 2009 vir jou en jou geliefdes ook - mag dit sommer 'n stunning jaar wees. :)
ReplyDelete'n Voorspoedige Nuwe Jaar vir jou en jou geliefdes. Mag al jou drome waar word :)
ReplyDeleteDankie, paulac, en vir julle.
ReplyDelete