Party mense het my verskriklik kwalik geneem dat ek die Border Collie's voorgetrek het en hulle strand toe gevat het terwyl Ozz by die huis moes bly. Wat hulle nie weet nie, is dat Ozz gereeld alleen saam met my uit gaan bv. wanneer ons op 'n Saterdag oggend by die vlooimark naby ons gaan rondloop...
Hierdie is om te wys dat hy ook darem saam met die ander strand toe gegaan het. Saterdag was dit ongelooflik warm en ons het/kon amper niks doen nie, maar gister was dit bewolk en koeler sodat mens kon asem haal en beweeg. Ek en die vyf "kinders" het die strand vir ons self gehad - mense kom nie uit as dit bewolk en winderig is nie, en dit pas ons goed! :)


Lekker week vir julle.
Liefde
Ninette
Ag te oulik!!! Ek kan sommer sien hulle het die dag geniet! Pragtige foto's Ninette!
ReplyDeleteNinette sit hulle waar jy vir hulle sĂȘ om te sit?
Muriel, dankie - ja, soos altyd het hulle dit geniet.
ReplyDeleteJa, ek "line" hulle op en hulle bly daar tot die foto geneem is. In die tweede foto hierbo wou ek elkeen op hulle eie rots he, en net Ozz het nie saamgespeel nie - hy wou nie alleen op 'n rots staan nie (seker bang hy mis uit op iets ... ), maar hy was toe heel tevrede om saam met Pancho daar bo te staan. Sodra hulle die "kliek" van die kamera hoor, is hulle weer aan die hardloop... :)
Jy kry meer reg met die honde sit vir 'n foto as wat ek my kinders opgestel kry. Hulle is baie oulik.
ReplyDeleteDankie, Sandra - hehe, ja, in sekere opsigte is hulle makliker as mense-kinders; hulle praat nie terug of vra "Hoekom?" nie ...
ReplyDelete