Dis die afgelope tyd of net bewolk, of bewolk EN dit reen, so toe dit Saterdag sonskyn is gryp ek die geleenheid aan om die "kinders" strand toe vat vir 'n swem. Ons het dit so geniet. Ozz (my Australian Sheperd) was nie saam nie want hy EN Kizmet (die spaniel) moet albei voor ry in die bakkie as Baloo saam gaan, anders is daar 'n bakleiery (die bakkie is Baloo se "territory" ...), en ek kon dit nie aan my ma doen om albei voor op haar skoot te he nie ....

Die vier Border Collies in die water

Dazzle swem te heerlik

Baloo met 'n stuk "driftwood" wat hy opgetel het - hy is mal oor "fetch"

So lyk 'n nat Jodi

Pancho met een oortjie op as gevolg van die wind wat nogal kwaai gewaai het onder by die see

Kizmet se hare krul so as hy nat is
Mooi bly tot volgende keer.
Liefde
Ninette
Ai, ek dink dis tyd om weer bietjie see toe te gaan.
ReplyDeleteAi, dit lyk darem of jou honnekinners hulle self gate uitgeniet jong...
Ek kan sien hulle het die see uitstappie baie geniet!
ReplyDeleteDit reën net so baie by ons, en is omtrent elke dag bewolk!!
ReplyDeleteYes, jou kinders het hulle uitstappie geniet!!
Lekker naweek!
x x
Zee, Sandra en Muriel - dankie; ja, hulle het dit beslis geniet, kon hulle geluk nie glo toe ek hulle toestemming gee om actually te swem nie en ek hulle nie die hele tyd weg roep van die water omdat dit laat is en hulle nie droog gaan word nie of omdat dit te koud is nie...! :)
ReplyDeleteMaar julle kan egter aan die see se kleur sien hoe baie reen ons gehad het en hoe baie sand die riviere in die see in gespoel het.
Dit lyk asof hulle baie pret gehad het! My tweetjies het die strand net so geniet. Grou gate dat dit bars! Ek moes hulle omtrent elke aand bad om van al die sand ontslae te raak :)
ReplyDeleteEk kan nie meer wag om see toe te gaan nie... Darem nog net 41 slapies! Moet nog reël met jou om jou te kan sien. Dit lyk of jou honde dit baie geniet het! Die foto's is pragtig.
ReplyDelete