Wednesday, March 11, 2009

Ek word geteiken

Hallo julle

Ons het Saterdag oggend wakker geword met 'n aaklige verrassing wat op ons wag: toe ek die voordeur oopmaak, le daar eierdoppe, en ek kyk ewe op om te sien waar die nes is waaruit hierdie eiers geval het. Dit het my 'n paar minute geneem om te besef die voordeur en sitkamerventer is deur die nag doelbewus met eiers gegooi. Ek het my vermoedens dat dit skoolkinders is, en as dit weer gebeur, sal ons polisie toe gaan. Dit was 'n gemors - dit het meer as 'n uur geneem om skoon te maak, en die reuk was die middag nog steeds daar.


By die voordeur, nadat ons al begin skoon maak het


Die voorruit


Die voorruit - kyk net van hoe hoog dit afloop...

Nou ja, hoe meer dae, hoe meer dinge...

Mooi bly tot volgende keer.

Liefde
Ninette

8 comments:

  1. Ai Ninette.... ek wonder hoekom hulle dit doen. En daardie reuk is aaklig!

    ReplyDelete
  2. Ek het nie gedink "kinders" sal nog so iets doen nie ... wonder ook hoekom. Hoop dit ruik gou-gou beter!

    ReplyDelete
  3. Zee en Sandra, dankie. Ja, vra dit maar: hoekom? Dit wys maar net vir my hulle mentaliteit (of eerder gebrek daarvan...)!

    ReplyDelete
  4. Ninette *shock* dis nou baie stout!! Eiers het so aaklige reuk. Ek sou die heeltyd in die toilet deurgebring het.
    As hulle dit weer doen roep die Polisie se hulp in, nee dis ongeskik en onopgevoed!!

    Lekker naweek!
    x x x

    ReplyDelete
  5. Ag nee Ninette dis aaklig en ek hoop regtig nie dit gebeur weer nie.

    ReplyDelete
  6. Ja, Xanika, ek hoop ook regtig dat dit 'n "once off" kattekwaad-streek was...!

    ReplyDelete
  7. Hello (((vriendin)))
    Ek hoop dit gaan nog goed met jou!

    ReplyDelete
  8. Hallo (((Muriel))) :)

    Dit gaan goed dankie, en ek hoop met jou ook. Ek gaan gou op jou blog kuier....

    ReplyDelete