Ons was gister na 'n hondeskou toe, en 'n vrou wat ook daar deel neem het Ozz se sussie - haar naam is Q'ba. Ek is seker hulle herken nog mekaar van toe hulle klein was - hulle is altyd so bly om mekaar te sien.
Q'ba (3de van links) en Ozz (4de van links) saam met hulle ander boeties en sussies op so 4 of 5 weke oud,
Ozz en Baloo speel deesdae lekker by die huis saam, maar 'n Aussie speel anders as 'n Border Collie, so dis vir Ozz te lekker om met Q'ba te speel ... hierdie foto's is gister deur Q'ba se "pa" geneem:
Sussie en Boetie "pose" gister vir die kamera
Twee mooi Aussies
So speel twee Aussies ....
"Het jou vas..."
Ozz omarm sy sussie
Dis nie eers nodig om te vertel dat hy doodmoeg gisteraand was nie na so 'n opwindende, besige dag...!
Lekker week vir julle.
Liefde
Ninette
Ag my jinne ... 'n mens kan sien hulle is verwant aan mekaar! Te pragtig!
ReplyDeleteDankie, Paula - ja, ek dink in die werpsel is hulle twee die twee wat die meeste na mekaar lyk.
ReplyDeleteHi (((Ninette)))
ReplyDeleteAg moeder my hart word marshmallow!!
Ek is seker hulle het mekaar onthou!! Reunie???
Ek hoop jy geniet die naweek!
Ek sal binnekort weer my facebook activate. Ek probeer net gou 'n groot kontrak klaar kry! :-)
http://wipneus.co.za
Hallo ((Muriel)) :)
ReplyDeleteDankie - ek het ook gedink dis te cute - ja, hulle hou so elke paar weke met 'n skou reunie...
Sterkte vir die kontrak - hoop dit gaan goed. Sien uit daarna om jou weer op Facebook te sien.
Lekker week vir jou.
Sjoe maar hulle is mooi!
ReplyDeleteDankie Xanika - hoe meer tyd verby gaan hoe dieper kruip die Willewragtag in my hart in, veral nou dat ek hierdie week voltyds by die huis by hulle was.
ReplyDelete