Ek wil 'n paar foto's met julle deel wat ek so twee weke gelede van my honde-kinders geneem het:

Ozz, Baloo en Dazzle

Baloo

Dazzle

Ozz

Pancho en Jodi
Ons het verlede Saterdag al weer bietjie probleme gehad: Baloo en Kizmet het so 'n onderonsie gehad en my ma se arm was in die pad - sy moes op twee plekke op haar arm steke kry en is op die tweede lot antibiotika - dit word darem beter. Aai, die honde darem.
Lekker week vir julle.
Liefde
Ninette
Dit lyk regtig of hulle hou van "pose" vir die kamera
ReplyDeleteHulle doen, Sandra, veral Dazzle - kyk net sy trotse houding. Glo my, dis 'n stryd om een vir een af te neem omdat die ander baie jaloers is as ek net die een vra om te pose en hulle ook net saam wil kom sit vir die foto ... :)
ReplyDeleteHulle is pragtig en jy moet beslis nie verskoning maak oor jy alweer foto's van hulle plaas nie - dis dan waaroor die blog gaan en hoekom ek so graag hier inloer!
ReplyDeleteDankie, Xanika - ek waardeer dit! :)
ReplyDeleteLekker dag vir jou.
Ai, ek is mal oor Ozz......
ReplyDeleteHoop jou moeder se arm word sommer gou gesond!
Whaaaaaa ek lief dit as jy foto's opsit. Pragtige foto's!!
ReplyDeleteJulle het 'n pragtige tuin.
Ek hoop dit gaan al beter met jou moeder se arm!
Zee, Ozz is 'n regte willewragtag, maar baie lieftallig, en baie slim - hy leer vinnig.
ReplyDeleteMuriel, dankie - hulle moet die mees gefotografeerde honde in die wereld wees .... :)
Dankie aan julle albei - dit gaan darem beter met my ma se arm - nog seer maar is besig om gesond te word.