Hallo julle
Soos julle van die vorige inskrywing weet, werk ek en Ozz vluks aan sy vlegpale se leerdery .... dit gaan baie goed daarmee, en hierdie drie videoclips wys sy vordering binne 10 dae:
Sy eerste les, 2 Mei - hardloop deur twee rye pale:
8 Mei - die twee rye pale is nou al baie nader aan mekaar:
10 Mei - die pale vorm nou al amper een ry:
Ek is baie trots op hom - hy het dit regtig baie maklik geleer en geniet dit so. Hy het dit baie makliker as Dazzle geleer - Dazzy het lank gevat (letterlik maande) voor hy gekop het wat hy moet doen, en hy is nou al vyf jaar oud maar ons sukkel nog steeds soms met die "entry" in die vlegpale in ...
Dan werk ek en Baloo en Dazzle ook hard aan ons voorbereiding vir die S.A. Kampioenskappe wat die einde van die maand plaas vind. Dit word hierdie jaar in Pietermaritzburg gehou tydens die Royal Agricultural Show. Om by 'n groot kompetisie soos die Kampioenskappe deel te neem is senutergend, en omdat ek dan op my senuwees is, dra ek daardie "vibes" oor aan my honde en mors ons dan op. Ek gaan egter my bes hierdie jaar daar probeer om nie opgewerk te raak nie ... die honde voel so gou aan as ek ge"stress" is, en ek gaan dus regtig hierdie keer probeer om te "relax" en dit net te geniet, ongeag die uitslae....!
Geniet die week.
Liefde
Ninette
Edited:15 Mei
Hy het dit!!! Die een rye vlegpale doen hy 100% in 'n dag minder as twee weke!! My slim seun! Hierdie videoclip is gister middag (14 Mei) geneem:
Aan hoeveel "items" moet hulle deelneem op die skoue en hoelank vat dit om hulle skou-gereed te kry?
ReplyDeleteSandra, daar is baie items om aan deel te kan neem en daar is nie 'n "moet" of beperking op wat mens aan mag deelneem nie, maar ek neem aan drie items met my honde deel - Agility, Dog Jumping en Flyball (en so nou en dan ook aan Breed).
ReplyDeleteDit verskil van hond tot hond hoe lank dit vat om hulle skou-gereed te kry, maar dis enige iets van 6 maande tot 'n jaar. Dan begin die hond in graad 1 (die beginners klas met maklike bane). Ek sal ook nie 'n hond ooit as volleerd bestempel nie - hy (en sy "handler") leer en verbeter maar al die tyd, selfs wanneer die hond tot graad 3 (die top klas) gevorder het.
This comment has been removed by a blog administrator.
ReplyDeleteThis comment has been removed by the author.
ReplyDeleteThis comment has been removed by the author.
ReplyDeleteSandra, jammer, per ongeluk het ek jou comment gedelte ... nee, net in "Breed" (die beauty competition) word daar 'n "Best in Show" aangewys, en nie in die Working Disciplines soos Agility of Obedience nie.
ReplyDeleteSjoe dis wonderlik om te sien hoe vinnig hy dit geleer het!
ReplyDeleteDankie, Xanika - dis nou al die hoeveelste hond van my wat ek leer, maar ek is veral bly oor hierdie ene want (soos die van julle wat hier lees en Ozz persoonlik al ontmoet het, weet) Ozz is hieperaktief, en om 'n hieperaktiewe kind of hond so ver te kry om enigeiets te doen is 'n prestasie ... hulle konsentrasie-vermoƫ is mos nie baie goed nie, en dit verbaas my dus dat Ozz so lank kan konsentreer om die pale reg te doen....
ReplyDelete