Monday, May 25, 2009
Baloo en Kizmet se onderonsie
Saterdag oggend het ons weereens bietjie drama gehad - Kizmet het 'n lee graankos-sakkie van die kas af gevat en daarmee rond geloop en gegrom ... 'n ander hond mag nie naby hom gekom het nie. Toe speel my ma met hom en terg hom deur te maak as of sy die sakkie gaan vat, en hy grom speels vir haar. Daar dink Baloo Kizmet is ernstig en snel hy wat Baloo is my ma te hulp ... die uiteinde is Kizmet moes veearts toe gejaag word en steke in sy gesiggie kry .... oor die R600 rand later is ons daar uit met 'n Spaniel wat baie bedees en jammer vir homself is:
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Foeitog daai gesiggie lyk regtig of hy jammer vir homself voel :-)
ReplyDeleteAi, dit lyk of dit regtig eina is....
ReplyDeleteHoe lank sal jouse honnekinner se steke moet inbly?
Sandra - ja, beslis! :)
ReplyDeleteZee, ek het nie "Oom Dokter" spesifiek gevra nie, maar dis mos gewoonlik 10 dae, en ek sal hom dus weer Maandag of Dinsdag terug vat om hulle uit te laat haal.