Friday, May 8, 2009

Die afgelope week se dinge

Hallo julle

Hier's al weer 'n foto van my ses kinders - dis die afgelope Saterdag oggend geneem:


Pancho, Ozz, Dazzle, Kizmet, Baloo en Jodi

Ek het later die oggend vir Ozz 'n nuwe bed gekoop - hy is so in sy noppies daarmee:



In ons tuin is 'n groot avokadopeer boom - die honde eet te heerlik aan die avo's wat van die boom af val:


Baloo


Dazzle

In Agility mag honde op 18 maande begin deelneem by skoue, maar in Dog Jumping op 14 maande. Ozz is nou 10 maande oud, en ek het dus hom die vlegpale begin leer. Hoe mens begin is met twee rye pale waardeur die hond hardloop, dan bring mens geleidelik die twee rye nader aan mekaar tot hulle uiteindelik een ry vorm waardeur die hond dan vleg. Ek het Ozz verlede Vrydag begin leer, en hy kry dit al mooi reg - binne 'n week (ook nie elke dag geoefen nie want dit het gereen ens.) kon ek vorder tot die pale bietjie nouer as skouerbreedte is. Hier is 'n videoclip daarvan, gistermiddag geneem:



Uiteindelik is dit Vrydag - sjoe, hierdie week het lank gevoel. Geniet die naweek.

Liefde
Ninette

5 comments:

  1. Hulle is pragtig. Ek hou so van Baloe se gesiggie of miskien is dit die naam omdat een van my gunsteling dierekinders ook Baloe was :-)

    ReplyDelete
  2. Dankie Sandra. Wat was jou Baloo gewees?

    ReplyDelete
  3. Agge sweet!!! Ek het die video baie geniet Ninette!! Dankie! (Jy is sterk om hierdie dierekinders te kan hanteer, HĂȘ??? )
    Liefde
    x x

    ReplyDelete
  4. Sjoe Ninette ... jy moet inderdaad sterk wees om hulle te kan hanteer! Geniet jou week :)

    ReplyDelete
  5. Dankie, Muriel ... Ozz ruk my nogal rond, ja, so ek moet my staan ken anders beland ek op die grond.... :)

    Paula, dankie - geniet jou week ook.

    ReplyDelete