Wednesday, June 24, 2009

Foto's van die afgelope 3 weke

Ek het lanklaas 'n inskrywing gemaak - jammer daaroor, maar dinge was baie bedrywig. Nou't ek weer bietjie tyd om te blog en met my blogmaats op te vang...! :)

Ek het die drie seuns strand toe gevat die dag na die Champs - hulle het dit weereens so geniet!



Ek sit my "continental" kussing op die vloer om self daarop te sit, en voor ek nog kans kry is Pancho en Bonami ("Skat-kat") soos blits daarop tuisgemaak ..!



Hierdie Sondag wat verby is, het ons 'n hondeskou gehad. Baloo het van verlede jaar Oktober nog nie weer regtig presteer nie (ek dink omdat hy vies was vir my wat Ozz in November gekry het), maar hy het Sondag regtig uitstekende rondtes gehad om Non-Contact Agility EN Dog Jumping te wen ... hier is hy met sy Agility prys:

3 comments:

  1. Ag hulle is darem net te pragtig! Baie geluk vir Baloo. En vir jou!

    ReplyDelete
  2. Dankie, Xanika, en sterkte daar met al jou reelings.

    ReplyDelete
  3. Hulle geniet darem die strand veeslik. (Watter strand is dit?)

    Geluk Baloo en jou ma!

    ReplyDelete