Tuesday, June 2, 2009

S.A. Agility Championships en Jukebox

Hallo julle

Ons het die Agility Championships hierdie afgelope naweek gehad. Ek was nie in die regte "frame of mind" gewees om by so 'n groot kompetisie deel te neem nie, en ek en my twee hondekinders het nie ge"feature" nie ... ons het ook nie goed genoeg voor die tyd geoefen nie, en twee van die vier bane was regtig verskriklik moeilik gewees - hulle was deur 'n oorseese Agility judge opgestel en beoordeel. Die ander twee van die vier was deur Dazzle en Baloo se teler opgestel en beoordeel, en daardie bane was baie beter gewees.

Hierdie foto is Vrydag geneem - kyk net daardie gesiggie van Dazzle .. wie kan nie mal oor hom wees nie? ..



Mei maand was nie 'n maklike maand vir my nie, maar dit het goed geeindig. Sondag aand beplan ek om die begin van Jukebox te kyk om die video-lys te sien, en daar is my gunsteling sanger in die ateljee - Steve! Wel, die vorige kere toe hy in die ateljee was, het ek probeer om in te bel maar was nie suksesvol nie. Hierdie keer het ek maar weer probeer, en wraggies, daar hoor ek "Jukebox, goeienaand" ...!! Ek het vir Steve en Coenie se "Daar's 'n plek" gevra, 'n paar woorde met Steve, Kurt en Ray Dylan gewissel, en my boodskap gerig aan twee vriendinne en my ma. Dit was die vierde keer wat ek deur gekom het na Jukebox toe - in Ray se woorde van Sondag aand, "Lucky girl!"

Wel, dis al die sesde maand van die jaar - geniet dit.

Liefde
Ninette

12 comments:

  1. Dit lyk of Dazzle dit geniet het en dit is mos die belangrikste is dit nie?

    ReplyDelete
  2. Beslis, Sandra - hy het pret gehad en dis wat tel! :)

    ReplyDelete
  3. Goeiemore Ninette

    Baie Geluk met die Herdenking van jou Geboortedag - mag die nuwe lewensjaar vir jou net alles van die beste en mooiste inhou. Ons dink vandag spesiaal aan jou en hoop jy en moeder Gloria geniet darem 'n vonkelwyntjie vanaand. Baie Liefde.

    ReplyDelete
  4. Uiteindelik het ek dit toe reg gekry - na baie gesukkel hele oggend kan ek kommentaar by jou plaas - derhalwe die "Goeiemore" in die eerste boodskap in plaas van "Goeiemiddag" - anyway, hoop jy het jou dag tot dusver baie geniet.

    ReplyDelete
  5. ((Sharona)) Baie dankie - ek waardeer dit!! :) Ek's bly jy het darem reg gekry om 'n comment te los - aai, dat jy so met my blog moet sukkel!!

    Lekker dag en naweek daar vir julle ook.

    ReplyDelete
  6. Haloooo!!!!
    Ekke wil ook ietsie kwaak!
    Happy-Bday liewe maatjie...mag al die tjoklates op jou heupe gaan sit :-P
    Pak life by die horings en ry hom bloots...

    Bravo 2 oor en uit!

    ReplyDelete
  7. 007meisie - baie dankie!! Eish, ek hoop nie dit gaan sit op die heupe nie!!! :)

    Goed om van jou te hoor. Ek lees so nou en dan jou blog maar kan om een of ander rede nie daar comment nie.

    Geniet die dag en naweek.

    ReplyDelete
  8. by the way....sy sukkel oral so! Ek word gereeld uitgetrap omdat sy kwansuis nie by my kan kommentaar lewer nie....hehehe ek dink dis die ouderdom en nie die elektronieses toeristing nie :-)

    ReplyDelete
  9. Ninette, 007 soek moeilikheid - gelukkig spring niemand die "ouderdom" vry nie - mooi naweek vir julle.

    NS. Tjint - vat maar die "ontsmetting en debugging kit" saam. He- he of jy kom met die peste terug.

    ReplyDelete
  10. Sharona, ek sien sy soek moeilkiheid, ja - ek dink jy moet haar goed uittrap! :)

    ReplyDelete
  11. fROM fRAN

    Loved the pics from the play. Must tell your drama players well done Stills very convincing Real Play must have been great.

    Ozz looking great. HY is a baie pragtige hond!!! Hy leer so vinning!!! My klientjie leer baie stadig, maar hy is n vriend! Fran

    ReplyDelete
  12. Hallo Fran

    I am really stoked to have a comment from one of my "doggy-friends" .... :)

    Thanks so much - I'll pass opn the message to the Drama Dept.

    Thanks about Ozz - I'm quite impressed with him. I'm sure your "child" is also looking and doing great - see him at the next show?

    Good luck for the rest of the term.

    ReplyDelete