Monday, July 27, 2009

My twee slim seuns

Soos gewoonlik gebeur alles mos dieselfde tyd. Ray Dylan het hier naby ons die naweek opgetree, en daar was 'n afrikaanse musiek fees waar onder andere Juanita du Plessis opgetree het, maar daar was ook twee kampioenskap honde skoue ... ek moes kies, en ek is so bly ek het die regte keuse gemaak ... ja, ek het die honde gekies.

Ek was baie verbaas oor die heerlike warm weer gewees aangesien dit verlede week ysig koud was - ek het warm aangetrek by die skou gearriveer, maar teen 10 uur het meeste van ons ons honde gehardloop in 'n kort-mou T-hemp. Toe ons Saterdag by die skou kom, kon ek aanvoel Baloo is een van sy nukkerige buie. Dis nie vir ander mense regtig sigbaar nie, maar ek ken hom, en deur klein dingetjies soos dat hy probeer weg van my loop terwyl ek hom borsel, het ek net geweet dat dit gaan nie sy dag wees nie. En dit was nie. Hy het baie van sy contacts gemis, en ook pale afgestamp. Hier is 'n videoclip van sy contact rondte - elke keer as die judge haar hand opsteek, wys dit 5 penalties teen ons:



Dazzle se heupies is mos nie absoluut perfek nie (hy het effense hip dysplasia), en dus verwag ek nooit dat hy goed doen nie .. ek spring hom net omdat hy so mal is daaroor. Vir 'n paar maande nou al het hy nie 'n foutlose rondte gehad nie, en toe hy Saterdag 'n "clear round" in die Non- Contact Agility het, is ek so opgewonde maar dit kom nog nie by my op dat hy dalk die klas kan wen nie ... hy het 5de gespring en daar was 24 honde in sy klas, en ek het gedink 'n ander hond sal hom wen. Toe Baloo gaan en 'n paal af stamp, is daar nog een vinnige hond, Kim, wat moet gaan, en sy gaan so mooi dat ek dink sy het beslis Dazzle se rondte gewen .... sy het 27.25 sekondes ... Dazzle se tyd - 27.09 sekondes!!! Dazzle wen dus sy eerste Championship Certificate met twee-honderste van 'n sekonde - as 'n hond drie van hierdie CC's wen word hulle deur die Kennel Union as 'n Champion erken.


Dazzle pose met sy CC, rosette en hondekos-prys


Kyk net hoe swel daardie borsie van trots - hy weet hy het goed gedoen

Sondag was dit weer 'n skou, en die keer was Baloo sy ou self, glad nie buierig nie en op vorm. Hy het in Dog Jumping 'n "clear round" gehad, en moes toe in die jump-off spring. Hy het pragtig gegaan en sy 5de Dog Jumping CC gewen.


Baloo met sy CC, rosette en Vets Choice kos wat hy gewen het

My ander seun, Ozz, is amper 13 maande oud. Hy mag wanneer hy 14 maande oud is aan Dog Jumping begin deelneem. Ons het op albei dae toe Dog Jumping verby is, bietjie op die Dog Jumping baan geoefen, en hy gaan baie oulik vir die relatief klein hoeveelheid tyd wat ek al in sy training gesit het. Ek sien baie daarna uit om my Aussie te spring.

Ons het nou darem 'n paar naweke af voor die volgende skou.

6 comments:

  1. Ag Ninette dis te oulik! Baie geluk aan jou en die hondekinders!!!

    ReplyDelete
  2. Geluk van my ook Ninette. As Baloe sy 5 de CC gewen het, word hy as 'n "kampioen" geklassifiseer? Die katte moes ook 3 CC's wen voordat hulle as kampioene geklasifiseer het en dan nog 3 voordat hulle Grand-Champions was. Werk die honde ook so?

    ReplyDelete
  3. Sandra, Baloo het meer as 3 CC's in Dog Jumping sowel as Non-Contact Agility, so hy is in albei daarby disiplienes 'n Champion. Hy het een CC in Contact Agility, dus kort hy nog twee om 'n Contact Champ te wees, maar jy sien op die videoclip die contacts is nie ons sterk punt nie ....!

    Op die stadium is daar nog nie 'n verdere kwalifikasie as Champion nie, maar daar is sprake van 25 CC's wat die hond 'n Grand Champion maak, en 50 CC's wat die hond 'n Grand Master Champion maak wat hulle wil hĂȘ KUSA moet goedkeur.

    ReplyDelete
  4. Woow .... dit is pragtig al hulle so deur die baan hardloop! Baie baie geluk ... hulle is voorwaar kampioene!!

    ReplyDelete
  5. Dankie Paula ... ek hoop om nog eendag 'n videoclip van een van ons foutlose rondtes te kry..!

    ReplyDelete