Tuesday, August 4, 2009

Diana memorabilia

Iets anders as die gewone waaroor ek 'n inskrywing maak: Ek versamel Diana-memorabilia, en was Saterdag na 'n antieke winkekie toe gewees waar ek hierdie mooi wedgewood bordjies raakgeloop het:



My versameling groei:



Close-ups van sommige van die items:













Dan het ek natuurlik ook 'n hele klomp boeke oor haar, van die biographie "Diana, her true story" deur Andrew Morton tot "A Royal Duty" deur Paul Burrell. Ek sou graag wou weet wat julle dink - was dit bloot 'n ongeluk of was daar 'n komplot wat tot die "ongeluk' gelei het?

6 comments:

  1. Ninette, kan jy dit nou glo, ek was ook mal oor Diana, maar tog het ek eers goed begin versamel na haar dood. Ek het die beker, n bordjie en ook die 5pond wat uitgebring is na haar dood. Ek het dan ook n boek of 3 van haar, nou nie so spikkeries soos jou versameling nie, maar hulle word soos stukkies goud hier by my opgepas.

    Ek dink tog dat daar n komplot was hoor!

    ReplyDelete
  2. Zee, dankie, my versameling het ook eers na haar dood regtig begin - al wat ek voor die tyd gehad het was die twee "thimbles" en twee of drie boeke.

    Het jy al "A Body Guard's Story" deur Trevor Reece Jones gelees? Dit sal jou vermoede nog verder staaf.

    ReplyDelete
  3. Jong in die binnekringe van wereldpolitiek gebeur daar baie dinge so ek sal nie verbaas wees as dit 'n komplot was nie. Die vraag is net wat sou die rede wees?

    ReplyDelete
  4. Ja,Sandra, mens sal nooit weet nie.

    ReplyDelete
  5. Ek het nie die boek van Trevor gelees nie, ek sal bietjie kyk of ek dit kan aanskaf. Soos Sandra tereg hierso sĂȘ, mens weet nooit met die politiek nie.

    ReplyDelete
  6. 'n Pragtge versameling!

    Ek het 'n plakboek gehad van haar wat ek begin het nog voor sy getroud is. Ongelukkig het die voete gekry toe my ouers verhuis het.

    ReplyDelete