Friday, November 6, 2009

My dierekinders

Hallo julle

Ek is so bly om te kan sê dat dit BAIE beter gaan met Jodi. Sy was tot Sondag nog nie lekker gewees nie. Ek is die oggend weg na 'n hondeskou toe wat ek beoordeel het, en toe ek teen 1 uur die middag terug by die huis gekom het, kon ek so 'n verskil in haar sien - sy was opgewek, haar koppie meer reguit, en sy "chat" weer as mens met haar praat .... aai, dit was nie lekker gewees toe sy nie gesond gevoel het nie. Ek het vinnig vanoggend 'n paar foto's geneem:


Baloo, Dazzle, Pancho, Ozz en Jodi


Jodi

Julle kan sien sy hou haar koppe effens na regs, maar dis baie beter as wat sy dit gehou het! Mens kan nie glo sy en Pancho is sussies nie:


Pancho wat "beg" :-)

Met my katjie gaan dit ook okei - hy is heeltemal blind en loop in alles vas, maar verder is hy gesond. Hy is nog steeds so dierbaar, en so slim: hy weet hy is veilig as hy onder iets lê, en toe hy nou die dag vir die eerste keer in weke bietjie buite lê, kruip hy onder 'n waentjie in:



Amper naweek - yes!! Geniet dit.

Liefde

No comments:

Post a Comment