In September het een van my leerlinge deelgeneem aan 'n "Environmental Speech Competition" met die tema "Your hand, my hand, together reducing climate change impact", en sy het die streekskompetisie gewen.
Verlede Dinsdag tot Donderdag was ek en sy na Ithala Game Reserve toe vir die Provinsiale kompetisie. Sy het daar nie 'n plek behaal nie, maar dit was 'n goeie ondervinding gewees.
Die Game Reserve is pragtig, en ek het die Woensdag oggend 5 uur op 'n Game Drive gegaan wat vir my die hoogtepunt was. Ons het renosters (swart sowel as wit), zebra's, kameelperde, volstuise, kudu's, rooibokkies, hartebeest en wildebeest gesien - ek het my gate uit geniet.

My chalet

Rooibokkies

'n Kameelperd

'n Zebra

'n Volstruis

'n Rooi Hartebeest

Apies buite die chalet
Nou ja, 'n vyf-dag werksweek weer - geniet dit.
Liefde
Dit lyk na 'n heerlike wegbreek en lekker rus.
ReplyDeleteAg hoe lekker, ai, ek en Zee sou dit so geniet het daar, die kind is mal oor diere!
ReplyDeleteSo wegbreek doen mens net goed!
Hallo Sandra - dit was lekker gewees om bietjie 'n breek van die geownde roetiene van elke dag te he. :)
ReplyDeleteHi Zee, so op jou verjaarsdag - weereens baie geluk hoor. Hoop jy't 'n stunning dag! Ja, ek is seker klein Zee sou dit geniet het, en ja, die breek (al was dit vir werk) het my baie goed gedoen. :-)