Thursday, September 9, 2010

Wat gaan my ore doen??

Ek lag so vir Sparkle op hierdie stadium - sy is nou 4 maande oud; haar groothond-pels is besig om te begin deur kom ... haar pelsie is dus kort, haar beentjies lyk te lank vir haar lyfie, en die koddigste van alles is die oortjies ... hulle weet nie wat om te doen nie ... die een staan voorentoe en die ander een staan kant toe...:



Ek lees toe op http://www.bordercolliecolors.com/bordercolliecolors.ears.html die volgende:
When puppies are teething, their ears do all kinds of things. They can change daily from one ear set to another. After teething is mostly finished, which is a round 6-7 months of age, the ear cartilage hardens and the ear set is final

Ek moet dus nog so twee tot drie maande wag om te sien wat die oortjies gaan doen ... ek hou duim vas dat sy sulke perfekte Border Collie oortjies gaan hĂȘ soos Dazzle:



Tot volgende keer.

Liefde

2 comments:

  1. Arme Sparkle ... dis seker nie aldag lekker om 'n puppie te wees nie :) Hopelik gaan die fase gou verby en sy word 'n pragtige meisiekind!

    ReplyDelete
  2. Dankie Paula - ek hoop ook so! :-)

    ReplyDelete