Monday, May 5, 2008

Steve Hofmeyr

Hi julle

Vanaand dink ek aan Steve en sy gesin. Hy het in die vroee oggendure 'n noodoperasie ondergaan vir 'n geperforeerde kolon (dikderm)- dit klink BAIE eina (ek het bietjie gaan "surf" op die Net en opgelees daaroor..!). En tipies Steve, terwyl hy so siek in ICU lê, is hy bekommerd oor die konserte wat uitgestel moet word en dat hy mense gaan teleurstel!

Ek was drie Saterdae terug (19 April) by 'n konsert van hom by Sibaya op die Noord Kus gewees en het dit verskriklik baie geniet. Hier is 'n paar foto's van daardie aand sowel as 'n gediggie wat ek daarna geskryf het.

Waarmaker konsert

Steve se “Platinum treffers” konserte was baie goed maar sy “Waarmaker” show vat beslis die koek.
Wat ‘n voorreg om by Sibaya te gewees het,
en die show vir myself te beleef het.

Dit begin: die "live band" doen hulle ding,
en Steve hardloop op terwyl hy “Waarmaker” sing. Die energievlak styg onmiddelik hoër
en daar is ‘n glimlag op elkeen in die gehoor.

Die kinders kry dan ‘n "gap",
en Steve doen vir hulle ‘n "rap".
Dis ‘n liedjie genaamd “ABC”.
Dit put Steve uit, maar hulle geniet dit terdeë.

“Laaste Rondte”, het Steve gedurende die gesels-sessie gesê,
is die liedjie wat hom die naaste aan die hart lê.
Met “Windgat de Klerk” sing Andries saam met hom –
dis vir my nog mooier as die een met Denver Vraagom

Andries doen dan een van sy eie liedjies gou –
hy vra “Wat is die wêreld sonder jou ?
Dan is dit tyd vir Elvis, Roger Whittaker en Neil Diamond
wie se songs in Steve se ouerhuis gespeel het as ‘n kind.

Die ligte gaan aan …
Steve word gepeper met vrae:
“Wanneer gaan jy in die politiek?”
en “Sing vir my Bloubul, asseblief”

Die konsert staan einde se kant toe,
Die uurtjie of twee het gevlieg, of hoe?
“Pampoen” het ‘n nuwe tranetrekker versie by:
ons hoor die meisie het nooit die ou se van gekry.

Te gou is die aand verby,
maar die herrinerings sal nog lank by my bly.
Na die autograph-sessie is dit tyd om huiswaarts te keer …
Totsiens, Steve, op Spoegblok gesels ons weer.

Steve, jy is in my gebede. Vinnige en volledige beterskap! Ons wil nog baie sulke shows van ons land se enigste Superster hê.

Tot volgende keer.

Liefde
Ninette

09/05/2008: Dankie tog - Steve is goed op die pad na herstel toe. Ons is baie verlig en dankbaar..!

No comments:

Post a Comment