Friday, May 9, 2008

Uitstappie Idwala Carbonates toe

Ek het vandag 10 kinders van ons Enviro Club op ‘n skool-uitstappie na Idwala Carbonates toe geneem – dis die groot myn ‘n paar kilometer binneland van Port Shepstone waar hulle kalk (kalsium karbonaat) vanuit deposito’s wat der duisende jare (vanuit die geologiese tydperk bekend as die “Cambrian Period”) myn, Dit was ‘n baie interesante oggend.







Eers was ons na die myn self toe, en daar het ‘n vrou (Petro) vir ons vertel oor die myn en die kalk wat hulle uithaal –dat hulle nou al ‘n “Environmental Management Plan” moes inhandig wat vertel hoe hulle die omgewing gaan herstel wanneer hulle klaar gemyn is oor 99 jaar, dat kalk in byna alles gebruik word (van verf, papier en glas tot selfs in tandepasta), en dat hulle kalk een van die suiwerste en witste kalk ter wereld is volgens toetse wat oorsee gedoen word.


Daarna is ons na hulle “Conservancy” toe. Ons het die Tourist Information Centre besoek waar hulle met ons oor werksgeleenthede in die toerismebedryf gepraat het. Toe het ons verder gery in ‘n “tractordrawn-trailor” – groot pret vir almal. En toe het ons op ‘n staptog gegaan – nie ‘n baie lange nie, net so 4 km in totaal, maar wel ‘n baie uitdagende, baie styl een …. 3 van die kinders het dit nie tot heel bo gemaak nie en so halfpad tou op gegooi. Die van ons wat wel tot bo gekon het, het saam gestem: die uitsig van daar bo op ‘n rots wat hulle Python Peak noem het dit alles die moeite werd gemaak …. asemrowend! (Sien foto onder.)

Die Conservancy is die tuiste van Schuster, die mak klein Zebratjie van die fliek “Racing Stripes”. Ongelukkig het ons hom nie hierdie jaar gesien nie, maar hier is ‘n foto van hom toe ons twee jaar terug ook daar was.

Terug na die uitstappie was ons almal baie moeg maar met ‘n dag vol goeie herinneringe agter ons.
Volgende keer verder oor my vorige honde.

Liefde
Ninette

No comments:

Post a Comment