Ek blog vanuit 'n baie nat en verspoelde KZN. Hier is 'n paar foto's wat ek gister geneem het:
'n Boom oor die pad twee huise van my af
Uvongo se strand onder water
Bome met wortels en al in die bruin, modderige see
Uvongo se waterval
Dit was die ergste vloede wat ek nog hier beleef het - ek het nog nooit die see so kwaad of die riviere so sterk vloei nie. Die skade op die kus is baie groot. Dit was so erg dat die skool waar ek skool hou gesluit is en ons 10 uur huis toe gestuur is sodat niemand gestrand is nie - van die brue was onbegaanbaar.
Tot volgende keer.
Liefde
Ninette
No comments:
Post a Comment