Thursday, June 5, 2008

Steve se Spoeg Blok

Hallo julle

Ek het belowe by verlede inskrywing om hierdie keer oor Micca te vertel, maar voordat ek dit doen moet ek net eers oor die volgende gesels:

Ek het in 'n vorige inskrywing vertel van Steve se Spoeg Blok en hoe "great" die blog is ..... wel, Maandag oggend 7.30, voordat ek oudergewoonte 'n draai op Spoeg Blok maak (Steve se nuwe inskrywing kom mos eers 12 uur) gaan ek Beeld webwerf toe, en daar kry ek 'n lelike skok ... 'n berig oor Steve wat nie meer gaan blog nie ....! Dit kan mos nie waar wees nie .... ek is vinnig Spoeg Blok toe, en ek sien hierdie keer het die media nie dinge opgemaak of verdraai nie ... Steve is weg, sonder om ons die geleentheid te gee om hom te groet!

Ek was Maandag regtig baie hartseer en kort-kort in trane. "Rediculous" van my, ek weet! Dinsdag oggend het ek 2.30 wakker geword en toe, in plaas van net hartseer te voel, het ek ook kwaad vir hom en teleurgesteld in hom gevoel. Ek het daar gele en gedink "Hoe kan hy ons net so "drop"? Ons was daar vir hom om saam in dinge wat hom bly maak te deel, en om hom op te probeer beur en te ondersteun deur krisisse ... en hy's weg, sommer net so!"

Ek het probeer agterkom hoekom ek deur al hierdie emosies gaan net omdat hy nie meer blog nie, en toe besef ek gister dat ek deur 'n rou-proses gaan ... ek voel asof ek 'n goeie vriend verloor het. Steve het so baie met ons gedeel op sy blog dat ons hom goed leer ken het en , mag ek so voorbarig wees om te se, 'n vriendskap opgebou het. Wat baie spesiaal was, was dat mens hom vrae kon vrae en hy mens in die volgende inskrywing geantwoord het, of hy het sommer net gereageer op mens se kommentaar. Ek sal ook nie vergeet hoe opgewonde ek was nie toe ek 'n DVD ("Steve +") by hom kry omdat ek eerste reg geantwoord het dat Louis Botha se perd se naam Dopper was, en ook toe hy 'n gedig-kompetisie gehou het en my gedig oor Spoeg Blok as een van sy drie gunstelinge kies:

Daar’s ‘n plek om te gaan om saam te gesels
oor die gebeure van die afgelope dag,
waar ‘n mens hoor van self-tan blapsies
en heerlik daaroor kan lag.

Daar’s ‘n plek waar Steve sy doen en late deel,
en sy opine oor alles van misdaad tot boeke gee.
Hy plaas selfs grepies van sy liedjies en gedigte….
glo my, dit sal jou nooit verveel.

Dis ‘n plek waaraan ‘n mens verslaaf gaan word,
en daardie plek is stevehofmeyr.co.za/blog/.


Ek gaan myself nog 'n rukkie gun om vir hom kwaad te wees sonder om skuldig daaroor te voel. Ek weet egter ek sal oor 'n ruk tot die aanvaarding kom dat hy "weg" is en hom uiteindelik daarvoor vergewe - mens vergewe hom mos baie dinge ..! Ek weet ek sal oor 'n paar weke se tyd weer hom op T.V. sal kan sien of na sy musiek sal kan luister en dit weer sal kan geniet sonder om hartseer, kwaad of teleurgesteld te voel. Dit sal egter nie dieselfde wees as om elke dag te gelees het waarmee hy besig is of wat hy dink nie, en ek gaan dit baie mis. Op die stadium wens ek daar is 'n pil wat ek kan drink om beter te voel, wat my van die ontrekkingsimptome van die "verslawing" waarvan ek in die gedig praat kan genees.

Wat ek darem saam met my van Spoeg Blok weg vat is 'n goeie vriendin wat ek daardeur ontmoet het by 'n show van Steve by die Wilde Kus in Desember 2007, en ek weet ons sal nog kontak hou. Hier is ek en sy saam met Steve:



So, 'bye for now", Steve en Spoeg Blok. Ek wens dit was nie nodig om te groet nie ....! Ek weet jy het jou redes hoekom jy weg is, maar weet "daar sit 'n gat so groot jy kan 'n melkweg daardeur saai" in my hart wanneer die klok elke dag 12 uur slaan.

Liefde
Ninette

3 comments:

  1. Ek het kom loer! Ek neem jou glad nie kwalik dat jy kwaad is vir Steve nie, jy is beslis nie die enigste een wat so voel nie.

    ReplyDelete
  2. Hallo Ninette
    Soos ek jou gesĂȘ het - ek het dit verwag - en ook vir jou redes gegee hoekom - ek glo vas dat Steve wel weer eendag die Blok sal oopmaak. Ek dink ons almal begin dit nou al aanvaar dat SSSB nie daar is nie en die groot teleurstelling in ons harte pyn nie meer so erg nie.

    Liefde.

    ReplyDelete
  3. Howsit. Ek verstaan, maar as hy nie 'n streep getrek het nie...Leaving it open would have left a blog war of monumental proportions. The only reason for shutting it down was to focus on family and career after his op. Dit was 'n mooilikke besluit vir hom. Ek is besig met 'n nuwe SH werf maar daar gaan geen kommentaar opsie wees.

    XX

    H

    ReplyDelete