Ons het Dinsdag 'n hondeskou gehad wat uitgestel was van die 7de af agv baie reen. Dit was 'n baie lekker dag - 'n vriendin van my het 'n draai kom maak en die volgende stunning foto's geneem:
Baloo - hy lyk so mooi "fluffy"!
Baloo agter in die bakkie.
Nog een van Baloo ... mens kan sien wie is haar "favourite" :)
Dazzle in volle vaart op die Agility baan - hy blaf terwyl hy spring in teenstelling met Baloo wat tjoepstil is terwyl hy spring.
O ja, Hadeda's het in 'n boom in ons tuin nes gemaak en twee babatjies groot gemaak. Hier is die twee "kinders":
En my Love Birds het vir die eerste keer kleintjies gehad - 'n gele soos die ma en 'n groene soos die pa ... hulle is mooi van lelikheid .. :)
'n Week voor Kersfees - ek belowe om weer te kom gesels voor dan.
Liefde
Ninette
Pragtige foto's ek hou veral van die een van Dazzle wat so hardloop en blaf gelyke tyd!! he he
ReplyDeleteDie Hadeda's is te cute. Ons het ook 'n paar wat hier by ons rond vlieg. Hulle geluide maak my altyd so hartseer want dit klink of hulle huil!
Geniet die naweek :)
(Ek kon nie wegbly hier nie, al is ek sooo besig met kers inkopies en die res van die kersfees reëlings.) hie hie
Hoop jy en jou geliefdes het 'n baie geseënde Kersfees met baie liefde.
Mooi bly
x x
Wipneus, ek's bly jy het nie weg gebly nie ..! :)
ReplyDeleteJa - daai een van Dazzle is my gunsteling een ook.
Dankie, vir jou en joune ook. Nog net 5 slaapies. Weet jy, Dazzle verjaar ook Kersdag - hy is dan 5!
Lekker dag daar.
Weereens raak ek verlief op die honde. Hulle is absoluut pragtig!
ReplyDeleteGeseende Kersfees vir jou en 'n voorspoedige Nuwe Jaar!
Geluk met Dazzle se verjaarsdag!!
ReplyDeletepaulac: dankie - vir jou ook.
ReplyDeleteMuriel: dankie - hy het 'n pragtige nuwe "collar" gekry sowel as lekker "snacks" die hele dag .. :)
Ninette, ja Baloo is my favourite - daai sielvolle bruin oe wat so diep in jou oe kyk so al asof hy weet wat in jou gemoed aangaan het my "uit geboul" - en hy het 'n statige houding aan hom wat sy plek as "hoof" duidelik weerspieel. Aai, maar die Oz is 'n regte willewragtig maar ek sien jy is besig om hom mooi te leer en ek moet jou komplimenteer met wat jy met hom reeds uitgerig het. Groete vir jou en moeder.
ReplyDeleteHallo "Anonymous" ... so goed om 'n comment van jou te he ... :) Bly jy het dit uiteindelik reg gekry om te comment.
ReplyDeleteJy weet my honde is my kinders, so ek waardeer jou mooi woorde oor Baloo verskriklik baie. Ozz is 'n willewragtag, ja, die grootste een wat ek nog gehad het, maar almal wat Aussies het vertel my dis hoe hulle is ... hy le op die oomblik vas aan die slaap, doodmoeg na vanmiddag se training by die club.
My ma stuur groete terug. Lekker aand vir jou, en groete tuis.