Ek het gelag toe ek agterkom hoe baie foto's ek al geneem het van my diere wat le en slaap - ek voel hierdie tyd van die jaar soos hulle en kan nie wag vir vakansie van volgende week af nie.
Pancho en Bonami
Ozz
En nee, hulle mag nie eintlik op die bank le nie....! :)
Bonami aka "Skat"
En net voordat julle dink dis al wat hulle doen, hier is 'n videoclip van Baloo by 'n skou, besig met Agility, in Oktober hierdie jaar.
Lekker "klein Saterdag" vir almal.
Liefde
Ninette
Ja myne lê ook heeldag en slaap en in die nag as dit slaaptyd is wil hy speel! he he
ReplyDeleteEk het hierdie video van Baloo baie geniet! Dis fantasties dat honde so slim geleer kan word. Eendag gaan ek nog vir julle kom kuier!
Ek is eindelik al op vakansie, maar het gou nog hier kom loer! Dankie vir al die lekker kuiers in 2008 Ninette ons maak weer vroeg volgende jaar so. Geseënde Kersfees en lekker rus!
x x
Hallo Muriel
ReplyDeleteDankie aan JOU vir al die lekker kuiers, en Geseende Kersfees vir jou ook. Geniet die vakansie.
Lyk my hulle vat hulle kans as ma en pa nie by is nie! Die bank lyk dan so lekker knus om op te slaap :)
ReplyDeleteJa, beslis, hulle sluip so op dat ons eers agterkom as hulle op is, en dan as hulle oe toe is kan ons hulle mos nie sien nie want hulle kan ons dan nie sien nie ... :)
ReplyDelete