Gister het ons 'n honde skou gehad - die afgelope paar shows het ek nie geniet nie, maar hierdie een was weer lekker gewees. Twee redes: Ek's vir 'n week op vakansie en het dus nie daardie spanning van die werk nie, en 'n vriendin en haar man wat hier op vakansie is, het 'n draai kom maak - wonderlik gewees om bietjie te kuier. Sy het hierdie stunning foto's geneem en vir my gestuur:
Baloo agter in die bakkie - ek het 'n hek daarin sodat die "canopy" oop kan bly en hulle lekker koel is maar nie kan uit spring nie.
Baloo "pose" vir die kamera
Ozz veilig gehok terwyl ek met die ander twee besig is - hy is eers volgende jaar oud genoeg om deel te mag neem
Dazzle in aksie,blaffend soos gewoonlik terwyl hy spring
Baloo in aksie - "Ek vreet hierdie jump lewendig op..."
Baloo het 'n 2de plek in Dog jumping en 'n 1ste plek in Agility gekry. Dazzle het bietjie droog gemaak, maar hy bly sy ma se liefling.
Lekker week vir julle.
Liefde
Ninette
Dit lyk asof hulle dit vreeslik geniet om so deel te neem, my katte het die hokke gehaat. Geluk met die 1ste en 2de plekke!
ReplyDeleteDankie Sandra - ja, hulle geniet dit baie!
ReplyDeleteOzz het in die begin ook die hok gehaat en dit was 'n gesukkel om hom daar in te kry. Nou se ek net vir hom "In is jy" en hy gaan uit sy eie in, baie soet.
Het jy met katte geskou of maar net veearts toe en so in 'n hok vervoer?
Ek het 'n hele klomp jaar met Siamese katte geskou ja. My laaste twee het saam met ons UAE toe gekom en nou's daar nog net een oor maar sy het al afgetree :-)
ReplyDeleteBaie geluk, ek kan net dink hoe trots jy is.
ReplyDeleteSandra, moes interesant gewees het .. het al katte skoue gesien by die "World of Dogs and Cats" in Durban.
ReplyDeleteXanika, dankie - ja, Baloo het vir die eersekeer in 'n lang tyd weer goed gegaan ... wens net ek kan Dazzle nou ook kry om sonder foute te gaan.
Ag man S sê die heeltyd en/of vra heeltyd vir my of ek die hondeskou gesien het. Jaaaa sê ek! Duh!! Ek het nie! Sorry S, my kop werk nie meer so lekker die laaste tyd! whhahahaha daarsy ek het geconfess!
ReplyDeleteBaie geluk Ma, met jou kinders se puik prestasies!
Ninette geseënde Paasfees vir jou en moeder!!
Liefde
M
Ps: S is die vriendin en haar man (waarvan Ninette praat)!! Net vir in geval die ander nie kop of stert uitmaak van my deurmekaar kommentaar!
ReplyDeletewhahahaha LOL
Hallo (((Wipneus)))! :)
ReplyDeleteDankie - ek waardeer dit. Ek moet mooi moed hou want ons het die laaste tyd nie te waffers gedoen nie. Gelukkig herinner die judge my toe daaraan dat hy al opgemerk het ek en my "kinders" presteer beter elke jaar van so einde April/Mei se kant af - hoop dis waar hierdie jaar ook..!
S neem mooi foto's, ne?
Geseende Paasfees vir julle ook.