Ek kry Vrydag hierdie e-pos van groot honde van my suster af ... sjoe, hoe bly is ek dat my honde nie so massief is nie!!! :)





Soos gewoonlik het ek nerens heen gegaan die afgelope vakansie nie, maar my ma was bietjie weg en het Vrydag terug gekom - bietjie by my twee susters gekuier. Ek het die diere ge"babysit", mos 'n hondeskou gehad (daaroor geskryf in die vorige inskrywing) en met vriende 'n paar keer gekuier - lekker gewees.
Die naweek was ook lekker: "Dis Hoe Dit Is" het weer begin - ek geniet dit altyd. Toe Saterdag was "Jou Show met Emo" ook baie goed - dit was eintlik "Dis Hoe Dit Is Sonder Steve"/"Dis Hoe Dit Is Met Emo Saam Met Steve" :) ..... m.a.w. Emo het ons 'n kykie agter die skerms van DHDI gegee - skreeusnaaks gewees.
Hierdie week: twee dae werk, dag af, twee dae werk, naweek ... kan elke week nie so wees nie? Geniet dit, en onthou: gebruik jou stemreg op 'n verantwoordelike manier Woensdag.
Vir my een van die mooiste liedjies: Wie? (Steve Hofmeyr - Southern Cross)
Sorry, ek weet dit lyk of ek jou pla
maar daar's iets wat ek moet vra: wie?
...Wie maak tyd, wie maak dit kort?
...Wie se droom het dag geword?
...Wie se lag le in my wond?
...Wie se hand maak my gesond?
...Wie se asem stoot die wolk?
...Wie se tong kan dit vertolk?
...Wie hou die aarde bo sy kop?
...het Sy arms moeg geword?
...Wie se stem word in die see
teen die rotdse weg gevee
en deur die meeue opgeraap
om hoog bo als in hoop te vra
...Wie?
Liefde
Ninette
Liewe land is al wat ek kan sĂȘ.
ReplyDeleteNinette, ek het toevallig die tv oorgeskakel Kyknet toe en die Elmo show gekyk. Die mannetjie dink ek kan nogals skreeusnaaks wees.
Lekker week vir jou!
Ek het nie eers geweet "Dis hoe dit is" is terug nie. Dis 'n ramp!!!
ReplyDeleteStem dit is een van sy mooi liedjies.
Groot honde die!!
Mooi bly
Liefde
x x x
Zee, dis wat ek ook gese het toe ek die foto's sien ... :)
ReplyDeleteMuriel, dis omtrent 'n ramp, ja! Maar gelukkig weet jy nou ... :)