Hierdie is wel nie nuwe foto's nie, maar van 2007. Dazzle het sy debuut as akteur gemaak twee jaar terug in 'n skoolopvoering van "The Miracle Worker", die ware verhaal van Helen Keller ('n doofstom meisie") wat met die hulp van Annie, haar onderwyseres, uiteindelik leer om met ander te kommunikeer, dat hulle haar verstaan en sy hulle verstaan.

Die "cast" en "behind-the-scene helpers" van "The Miracle Worker"

"Mr. Keller" gee Dazzle aan vir "Annie", die juffrou

Dazzle le by "Helen" terwyl "Annie" in Helen se hand woorde spel

Dazzle, die ster, vat 'n ruskans
Dit was regtig 'n baie goeie opvoering. Nee, ek dink nie net so omdat my "kind" daarin was nie. Dit het die gehoor elke aand in trane gehad omdat die storie so roerend was, en dit ook baie lof in die plaaslike koerant gekry. O ja, Dazzle het beslis die "limelight" gesteel ... hehe.
Nou ja, ek weet nie of en wanneer hy weer sy lyf akteur gaan hou nie, maar dit was groot pret gewees. Hy het al die aandag verskriklik baie geniet.
Lekker Werkers Dag more - geniet dit.
Liefde
Ninette
Hollywood, hier kom Dazzle!!!
ReplyDeleteZee, my idee vir 'n titel vir 'n scrapbookbladsy hieroor is juis "Next stop Hollywood" .. :)
ReplyDeleteOulik. Wat moes julle doen om hom "rustig" deel van die vertoning te hou?
ReplyDeleteDankie Sandra. Hy het baie goed oor die weg gekom met die meisie wat Helen gespeel het - albei was mal oor mekaar. Dit het 'n groot rol gespeel dat hy rustig was. Verder wou hy net so omkyk en sien dat ek backstage staan en hom dophou en hom nie gelos het nie. En dan het hy tydens elke vertoning omtrent 'n hele pakkie treats opgeeet ... hy sal enigeiets doen vir droee wors .. :)
ReplyDeleteAgge agge sweet!!! Hierso is vir jou 'n Oscar Dazzle!!!
ReplyDeleteBorder Collies is die slimste diere. My vriend lei Collies op om plofstowwe uit te ruik. Hy het so baie Collies en ek is so lief vir hulle. Party het al afgetree uit hulle beroep, maar dis sy kinders, ook my aangenome kinders!!! hie hie
Hulle het die mooiste persoonlikhede.
Tillie (sy het nou afgetree) was al op Discovery channel en het al die wêreld vol gerits, tot in Amerika!!
Lekker dag
Dankie, Muriel, ek sal sy Oscar aan hom oorhandig! :) Hehe!
ReplyDeleteEk het van te vore oor Tillie gelees - sy was in 'n tydskrif of iets gewees ... ruik bv. wat 'n brand veroorsaak het as ek reg onthou?
Lekker dag vir jou ook, vriendin.
Hier kom defnitief 'n oscar!
ReplyDeleteNog 'n Oscar!!! Baie dankie Paula :)
ReplyDelete