Tuesday, August 18, 2009

Nuus van die afgelope twee weke

Hierdie afgelope twee weke was nogal bedrywig.

Eerstens het ek my twintigste jaar skool reunie gehad - dit was regtig lekker om van my ou klasmaats te sien. Wat my opgeval het, was dat terwyl ons op skool was, die A-group en die prefekte nie regtig met die D-groep en die wat nie prefekte was gemeng het nie, maar by die reunie was daar nie daardie wat mens seker "snobisme" kan noem nie - almal het met almal gemeng en gesels. Ons almal kan nie glo dis al twintig jaar sedert matriek nie, en ons gaan weer oor vyf jaar bymekaar kom vir die 25 jaar ene...!



Ek was vir 'n paar dae siek met griep gewees, en ek het rustig gesit en uiteindelik Ozz se scrapbooking bladsy klaar gemaak terwyl ek by die huis was:



Dan het Dazzle weer uiters goed gedoen om weer 'n CC (Champion Certificate) te wen - hierdie keer vir Dog Jumping, en nie met twee honderstes van 'n sekende soos sy ander ene nie maar wel met vyf sekondes ... ek is so trots op my pragtige seun:



My Sun Conure het 'n nuwe hok gekry - sy ander een was nog my vorige koketiel s'n, eintlik te klein vir hom en bietjie geroes. Hierdie nuwe ene is baie 'grand": groot, kan bo oopmaak dat hy buite bo op die hok kan sit, maak stewig toe en is op sy eie "stand". Sunny was vir die eerste paar minute bietjie vreemd in hierdie nuwe groot "huis" van hom, maar was gou tuis en is nou mal daaroor.



6 comments:

  1. Is vir my ook interessant hoe anders mense na skool is!
    Ozz se scrapbook bladsy is pragtig, dis 'n baie mooi foto daardie met die blomme.
    Baie geluk vir Dazzle, hy lyk net so trots!
    Sunny lyk baie ingenome met die nuwe huis.

    ReplyDelete
  2. Dankie, Xanika. Daardie is een van my gunsteling foto's van Ozz, op die regte oomblik geneem.
    En ja, die honde weet wanneer hulle goed gedoen het en is dan ingenome met hulle self .. :)

    ReplyDelete
  3. Geluk met Dazzle se vertoning!

    Stem saam dat jou scrapbook blad pragtig is! Praat Sunny?

    ReplyDelete
  4. Dankie Sandra - ek is nie min trots op my vierpotige kind nie :)
    Nou dat die bladsy klaar is lyk dit na min werk, maar dit het laaank geneem ... :)

    Goed gaan daar.

    ReplyDelete
  5. Sandra, ek het vergeet om gister te sĂȘ: Nee, Sunny praat nie, maar hy lag en giggel ... te oulik. My African Grey praat wel land en sand.

    ReplyDelete
  6. Jou Sunny het n snazy hok hoor.

    Ninette, jy sal nie glo hoe lus is ek alweer vir scrapbook nie, maar met Zeethan in die omtrek is dit net onmoontlik op die oomblik.

    Dazzle bly maar ook nog my favourite hoor!

    ReplyDelete