Ek het so 'n hele paar maande terug 'n Fischer's Lovebird gevang, en die dingetjie is so oulik. Hy is nie bang vir iets nie, en het duidelik saam met ander diere groot geword - hy is veral erg oor die kat, en my kat ken voèls en doen dus niks aan hom nie ... hy laat tot toe dat die Lovebird op hom sit of saam met hom eet:

Ek gaan seker by die DBV vir dieremishandeling aangekla word: Kizmet mag net na ons Sondagmiddag se hoender kyk maar nie raak nie ..... nee, toemaar, al die honde EN die kat het van die sagte bene en velletjie gekry kort na hierdie foto:

Na 'n middagslaapie gister, het ek die honde (die drie seuns) strand toe gevat. Ons was gelukkig in dat net soos ons aangery kom na die strand waar ons gewoonlik stop, mense in die twee motors wat daar staan klim en weg ry, en ons dus vir meer as 'n uur die strand vir ons self het. Dis vir my lekker want dan hoef ek my nie te bekommer dat my honde na vreemde mense toe gaan wat dalk nie van honde hou nie en hulle pla nie.
Hier is 'n paar van die foto's wat ek geneem het:



Kyk nou net die dissipline - as die leerders in die klas net so gehoorsaam kon wees sou dit 'n plesier gewees het om skool te hou nê. Jip, dis lente en die see lok my - nou is ek sommer in "two minds" oor die komende skoolvakansie :-(
ReplyDeleteSharona, ek stem saam - dis makliker en lekkerder om met my honde te werk as met mensekinders ... :)
ReplyDeleteSo julle planne vir die 8 dae is dalk verander ..?
Hallo Ninette - nee, ons gaan voort met die oorspronklike planne - so ek sal eers in Desember by die see kan uitkom - :(
ReplyDeleteHet die lente ook in sy volle glorie daar by julle aangeland? Ek is sommer in 'n ander stemming omdat die dae nou definitief warmer is hier by ons.
Hallo Sharona - sou natuurlik lekker gewees het om jou te sien, maar geniet julle planne; die see sal nog in Desember hier wees .... :)
ReplyDeleteEk's bly vir jou dat die koue verby is. Ja, Maandag was dit hier nog koelerig, maar van so Dinsdag af is dit baie lekker lente weer hier ook - ek voel self ook baie beter: dis nie so erg die koue mos hier by ons nie maar ek hou nie van die winter se kort dae nie ... ek geniet dit nou dat die son vroeer op kom en later onder gaan.
Lekker dag vir jou. :)
Kan nie onthou of ek af vir jou gevra het watter see dit is nie? :-)
ReplyDeleteEk kry dit baie dat mense "bang" is vir diere en dan soort van aggressief teenoor die diere is. Hoe hanteer jou honde dit?
Sandra, dis die lekker warm Indiese Oseaan. :)
ReplyDeleteJa, ek kry dit ook, maar my honde is goed ge"socialise".