Monday, August 24, 2009

Videoclips van Ozz en foto's van die naweek se "photoshoot"



Ek is nie minder erg oor my Border Collies nie, en Dazzle sal altyd my "blue-eyed boy" wees, maar julle, Ozz is regtig die dierbaarste hond ooit. Ek vind hom baie meer liefdevol as die Border Collies - hulle almal kom vir hulle drukkie en 'n "cuddle", maar dan gaan lê hulle weer weg van mens. Ozz, aan die ander kant, gee net die hele tyd vir mens liefde en aandag en wil die hele tyd daardie kontak hê met 'n mens.

Hy is nog hieperaktief, altyd aan die gang, en regtig verskriklik slim. Sy nuutste is om my elke aand na die kas waar hulle biscuits (nogal peanutbutter-geur!) gehou word te neem en met sy neus (of sommer met albei pote as hy ongeduldig is...) aan die kas te raak as ek vra "Where are your biscuits?" ... die ander honde het dit baie gou agtergekom en staan ook reg vir hulle bedtime-snack:



Hy is baie mal oor sy jumping en kom baie mooi aan - ek dink nie een van my honde het al ooit so jonk (13 maande) so oulik gespring nie - hier is 'n videoclip van toe ons 'n paar minute gister middag by die huis geoefen het:



Sondag wat verby is het ek 'n foto-sessie deurgedraf met my honde - ek moes hulle "betaal" met 'n hele pakkie droeë wors maar dit was die moeite werd:


Jodi en Pancho


Kizmet


Baloo


Dazzle

Nou ja, besige week wat voorlê - sterkte daarvoor en geniet dit.

5 comments:

  1. Ag my moeder .... hy is te oulik! Jy moet redelik fiks wees vir die storie sien ek :)

    ReplyDelete
  2. Nee nee sien ek twee honde word voorgetrek hier? :-) Hoe moet die ander voel?

    Op watter ouderdom begin hulle gewoonlik deelneem in kompetisies of moet hulle 'n sekere vlak bereik voordat hulle kan deelneem?

    ReplyDelete
  3. Dankie, Paula. Ja, ek EN die honde moet redelik fiks wees. :)

    Sandra: glo my, hulle laat nie toe dat daar voorgetrek word nie - almal het 'n beurt gekry om te spring EN almal het 'n biscuit gekry ... :)
    Hulle mag op 14 maande in Dog Jumping begin deelneem, en op 18 maande in Agility. Ozz se eerste Dog Jumping skou is die 13de September .. ek kan nie meer wag nie ... :)

    ReplyDelete
  4. Hallo Ninette

    Dit lyk my mos die wildewragtig Ozz het so klein bietjie beskaafd begin raak - ek, wat hom nou leer ken het vandat jy hom gekry het kan in die video clips sien jy het wondere met hom verrig - ek sou nooit kon dink dat dit dieselfde Ozz is nie - Phew!!! hy was meer as hiperaktief gewees - ek weet dit moes baie ure en geduld geneem het. Die "cookie" bedel elke aand is regtig baie cool en slim van Ozz. Sterkte vir die 13de September - ek hoop Ozz is 'n soet seun en baie kalm op die dag. Jou fotos is mooi van die honde kinders - veral die een van Baloo :) Was dit koud by julle Sondag? - sien jy dra 'n langbroek, baie ongewoond vir wanneer jy by die huis is - mos altyd net 'n "short" en tekkies ;-)

    ReplyDelete
  5. Sharona - baie dankie!!! :) Jy weet jou comments beteken baie!! :)

    Ja, dit was koud gewees, Maandag nog erger (19 grade terwyl julle 23 was!!) - ek sal later eers weer my "shorts" kan dra alhoewel dit nou weer warmer is as wat dit die naweek was. :)

    Sterkte vir (en geniet) die res van die week.

    ReplyDelete