Dit gaan vandag beter, maar ek was in 'n redelike toestand die afgelope twee dae ...! Woensdag het ek laat by die huis gekom, en net toe ek gaan sit om aandete te eet met al die honde om my, sien ek Jodi is nie lekker nie ... sy bewe, wil omval, haar oë beweeg heen en weer van kant tot kant - my arme meisiekind ... dit was glad nie lekker om te aanskou nie, en sy het ook nie verstaan wat nou met haar aangaan dat sy so vreemd voel nie. Gister oggend is sy veearts toe, en hy sê toe dis "Acute Idiopathic Vestibular Syndrome". Ek het nog nooit daarvan gehoor tot toe nie, en sjoe, nou na oplees daaroor op die internet voel ek beter:
"Seen in aged dogs, characterized by the sudden onset of head tilt, nystagmus, rolling, falling and circling, often with considerable distress. The cause is unknown, but a peripheral vestibular lesion is suspected. Signs usually regress within a few days. Called also geriatric vestibular syndrome, 'stroke'." (http://medical-dictionary.thefreedictionary.com/canine+idiopathic+vestibular+syndrome)
"There is a syndrome, variously referred to as peripheral vestibular syndrome (the current "preferred name"), geriatric vestibular syndrome and idiopathic vestibular syndrome. This disorder is more common in older dogs and thus the name geriatric vestibular syndrome -- but it can occur in middle aged dogs, too, so the name was changed. Idiopathic just means "happens for no known cause" -- so it is a good name but not the preferred one. It does sum up the situation well, though. For some reason dogs can suddenly develop vestibular disease. The problem seems to be due to inflammation in the nerves connecting the inner ear to the cerebellum (which controls balance and spatial orientation). It usually lasts between a couple of days and three weeks. A few dogs have residual signs beyond this time, such as a head tilt. This disease normally affects dogs that seem normal up until the signs appear. Then there is sudden loss of balance with many dogs unable to even stand up. Rythmic eye motion known as nystagmus is usually present. Dogs may be nauseous from the "sea sickness" effect of vestibular disease. Most dogs will not eat or drink unless hand fed or given water by hand because they have a hard time with the fine motor movements necessary to eat or drink from a bowl. As long as they are nursed through this condition almost all dogs will recover. There is no known treatment. Some dogs do have relapses but most do not." (http://www.vara.org/VestibularSyndrome.htm)
"The most common reactions to vestibular disorder in dogs are:
''I think my dog just had a stroke''.
''Something is really wrong with my dog''
''I think my dog is having some sort of seizure''.
Indeed vestibular disease can be quite scary in dogs often producing the following symptoms: Head tilt Eyes darting side to side (nystagmus) Strabismus Vertigo Falling to one side Rolling Staggering Gait Nausea/Vomiting Loss of Appetite Salivation Pain Chewing or Yawning" (http://hubpages.com/hub/Symptoms-of-Vestibular-Disease-in-Dogs)
My mesiekind behoort dus goed te herstel. Die veearts het gesê hy glo nie sy sal haar koppie weer regop kan hou nie - sy kyk mens so effens skuins aan - maar dis al wat sy van hierdie episode behoort oor te hou. Hierdie videoclip wys hoe onvas sy op haar voete is:
Aai, en net die vorige dag het ek hierdie foto geneem:
Dankie tog dis Vrydag. Dit was 'n rowwe week, maar ek het 'n pret hondeskou om na uit te sien - ek het Dazzle vir "Best behaved" ingeskryf, en vir Baloo sowel as Dazzle in "Best trick", en ek spring vir Kizmet in 'n Agility demonstrasie rondte.
Geniet die naweek - gesels volgende week weer.
Liefde
Hallo Ninette
ReplyDeleteAg, ek is jammer om van Jodi se ongesteldheid te verneem - maar die meisiekind word nou 'n "ou girl" so sulke situasies sal seker nou meer na vore kom - ek is egter bly dat sy sal herstel en dat die skade nie groot is nie.
Kyk nou net hoe "pose" die honnekinners - dit is regtig 'n baie mooi foto - en 'n bewys van hoe goed gedissiplineerd jou honde kinders is -waar sal jy nog 6 honde kry wat so op een slag stil sit/le vir 'n foto - en dan weet hulle om vir die kamara ook nog te kyk - kostelik!
Alles van die beste vir die week wat voorle.
Ek dink ook dis 'n besonderse foto Ninette.
ReplyDeleteJammer om van die ongesteldheid te hoor maar nou weet ek ook wat fout is met my :-)
Sharona - dankie ... ja, hulle ken van 'n kamera en "pose" want hulle weet net na die "click" geluid kom die "treats" ... :). En op die videoclip wat ek nou net gelaai het kan jy sien hoe Jodi loop en wil-wil omval .. ek kan daaroor glimlag omdat ek weet dit gaan beter word.
ReplyDeleteSandra - is jy dan ook van balans af? Hoop jy wor dgou beter.
Ek hoop Jodi is sommer gou beter! Ninette, ek dink ek moet jou raad vra aangesien veeartse my nie meer kan help nie! Ek het 'n bully van 6 jaar oud en hy sukkel met oorinfeksie. Hy is in elk geval permanent op antibiotika vir sy vel, maar die oorsalf en goed wat ek insit werk nie meer nie. Hy was al onder narkose wat hulle die ore skoon gespuit het, maar nog steeds is dit nie beter nie. Hy bly sy kop skud en tjank al as ek die salf wil insit.
ReplyDeleteLekker dag!
Anonymous, jammer ek kan nie veel help nie ... is nie 'n veearts of so nie, so as hulle jou nie kan help nie weet ek nie ...
ReplyDelete