Monday, October 5, 2009

Die afgelope vakansie

Hallo julle

Ek's terug van my paar dae verlof. Hier is 'n vinnige oorsig van die vakansie:

Die eerste middag van die vakansie het my 15-jarige kat 'n beroerte gehad, en ek het gedink ek verloor hom. Maar na 'n besoek aan die veearts gaan dit weer goed, behalwe dat hy heeltemal blind is in die een ogie as gevolg van die bloeding daarin.

Die tweede dag het ek die ses hondekinders gebad:



Vrydag tot Sondag het ons vier hondeskoue gehad - ek kon nie Dazzle in al die rondtes spring wat ek hom voor ingeskryf het nie omdat sy heupies seer was; ek het iemand anders se Jack Russel gespring en baie gesukkel met hom; ek het ook Dazzle se boetie wat aan iemand anders behoort gespring en dit darem geniet; Baloo was natuurlik dikbek dat ek twee ander, vreemde honde spring en sy rondtes het nie goed gegaan nie al het ons twee derde plekke behaal.

Maandag begin dit toe te reèn.

Dinsdag aand het ek darem lekker met Sharona-hulle gekuier. Sharona, dankie dat julle hier was, en jy weet ek het die res van die week aan jou gedink - hoop dit het okei gegaan.

Woensdag het die reen vir 'n ruk opgehou en kon ek die middag bietjie buite met die honde Agility oefen ... in Agility moet die honde die wit area van die "contact obstacles" raak, en dit is moelik met honde wat so vinnig as moontlik na die volgende "obstacle" toe wil gaan - my honde doen die "contacts" goed op die contact-trainer by die huis, maar by 'n skou is dit 'n ander storie!!


Dazzle - "2 on, 2 off"


Baloo - "Forward march"


Baloo - "Up and over"


Ozz - "Up and up"


Ozz - "Target"


Ozz - Target continued."

Donderdag het dit weer begin reen, en die aand het ek saam met kollegas gaan braai. Die reen het tot Saterdag aangehou.

Ek het Saterdag oggend my lovebirds in die "aviary" buite gevang en petshop toe gevat, en Saterdag laatmiddag bel ons vorige buurvrou, Tannie Irene, wat so paar jaar gelede weg getrek, met die slegte nuus dat Oom Heinz Maandag al oorlede is aan 'n hartaanval. Hy was in September 80 jaar oud gewees.

Gister het ek 'n hondeskou gehad ... weer het dit glad nie goed gegaan nie - Ozz het glad nie geluister nie, en Baloo en ek was net nie op dieselfde golflengte nie (hy het darem 'n 2de plek in die Dog Jumping gekry). Maar wat lekker was, is dat my broer en sy kinders vir ons kom hallo sê het by die skou - hier is 'n foto van my ma saam met haar oudste kleinkinders:



Nou ja, 'n nuwe week, nuwe dinge ... hoe gaan Kurt se liedjie nou weer ... Voorwaarts mars". Ons gesels weer binnekort.

Liefde

2 comments:

  1. Ja, ons is weer terug in GP en moes die kort vakansie daar in ons stukkie paradys nog korter knip as gevolg van onvoorsiene omstandighede. Ninette, dankie vir jou ondersteuning en epos boodskappe en weereens dankie aan jou en moeder vir 'n heerlike ete en kuier. Dit gaan maar moeilik maar ek glo dat ek die troos en krag sal ontvang van ons Skepper om deur die hartseer tye te kom.

    Dat die seuns nou so gaan staan en aanjaag het as spesiale kuiergaste dan nou vir julle kom kuier daar by die skou - Ozz wil ook nie sy wildewragtig streke los nie - maar, dan is hy mos nog eintlik 'n klein seuntjie wat daarvan hou om tantrums te gooi :)

    Sterkte vir die laaste skof van die jaar - hoop dit gaan sommer baie goed en dat die leerders hulle sal goed gedra.

    Liefdegroete.

    ReplyDelete
  2. ((Sharona)) - 'n drukkie vir jou. Ek het 'n videoclip van Ozz se rondte maar is te skaam om dit op te laai .. ja, hy is nog 'n klein seuntjie met 'n baie klein konsentrasie-vermoee - hehe! Dankie - sterkte vir die res van die jaar daar ook. :)

    ReplyDelete