Ek is maar baie hartseer om gister te gehoor het van Irene se ongeluk ... dis nou al die hoeveelste Afrikaanse sanger wat ons so verloor ... ek dink veral aan haar kinders. (http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/9d854522f2fa4c84b050d9d54ce77b7d/14-10-2009-04-23/Botsing_eis_gospelster)
Die weer was Maandag baie vreemd hier by ons gewees - so 2 uur die middag was dit so donker soos omtrent 6.30 in die aand, en laat middag was die lug so geelerig, iets wat ek nog nooit te vore gesien het nie. En daar was die mooiste reenboog:

Hier is twee videoclips - een van Baloo wat met 'n bal speel, en dan van Dazzle wat sy verskillende toertjies doen:
Baloo speel bal
Dazzle doen sy toertjies
Ek sien in die videoclip hoe rooi word Dazzle. Sy pa was 'n rooi en wit Border Collie, die kleur van 'n Chestnut-perd - te pragtig - en Dazzle is veronderstel om swart en wit te wees, maar hoe ouer hy word, hoe meer slaan die rooi deur. Ek's mal daaroor en oor my "maroon en wit" seun.
Dis 'n week na Jodi haar Acute Idiopathic Vestibular Syndrome ontwikkel het, en dit gaan baie beter met haar - ek is seker oor nog 'n paar dae gaan sy weer haar ou self wees, behalwe vir die koppie wat sy nou skuins hou ...
Geniet die res van die week.
Liefde
No comments:
Post a Comment