Monday, February 20, 2012

Vriende

Iets heeltemal anders as my gewone inskrywing oor my honde.

Ek het gister die voorreg gehad om 'n ou universiteitsvriend weer na 16 jaar te sien. Ek en my ma is kerk toe waar hy die diens gelei het (hy is 'n dominee), en ek het weereens gesien waarom ek hierdie "gediggie" oor/vir hom geskryf het (al in 1993):

“Maats kan jou breek, maar daar kan ‘n vriend wees wat nader is as ‘n broer”

Ek onthou hoe jy altyd gevra het
dat ek deel moet word van julle groepie.
Ek wou nie, want ek was bang:
bang om seer te kry, verwerp te word.

Tot een aand op pad terug van Orkney:
ek het hartseer gevoel en jy het dit gesien.
Deur jou arm om my te sit en my op jou skouer te laat slaap
het jy my getroos.

Toe jy die lelike kant van my karakter sien,
en selfs sê jy’s teleurgesteld
het jy nie veroordeel nie.
Inteendeel, jy het nader beweeg om so te help.

Ek het Jesus in jou ontdek:
iemand wat liefde en aanvaarding gee
sonder bybedoelings, sonder skynheiligheid.
“ Ons moet ophou Christenskap speel” het my leuse geword
nadat jy my praktiese Christenskap gewys het.

Dankie – dankie dat jy vir God gegee het –
jouself, jou lewe, om so vir ander tot seën te wees;
Ek is so bly jy het gegee:
Ek is ‘n lewe verander daardeur.




No comments:

Post a Comment