Friday, November 28, 2008

Nog honde-foto's

Hallo julle

Ek het eergister weer fotograaf gespeel, en drie van my honde was die modelle...


Baloo


Dazzle


Ozz

Die twee meisiekinders en die spaniel het nie hulle neuse by die deur uitgesit nie - hulle was nie lus vir foto's nie.

Hoop julle het 'n stunning naweek.

Liefde
Ninette

8 comments:

  1. Sjoe ... jy het die mooiste honde nog! Hulle is absoluut pragtig! Ek ken glad nie die honde nie. Beskryf asb hulle geaardheid?

    ReplyDelete
  2. Hallo paulac

    Dankie! :)

    Baloo en Dazzle (en die twee meisiekinders met die wit gesigte in die foto bo-aan die blog) is tipiese Border Collies - dis mos die honde wat vir "sheepherding" bekend is. Hulle is baie slim honde, leer maklik, is altyd aan die gang met 'n "been there, done that, what next" uitdrukking.

    Ozz is 'n Australian Sheperd van amper 5 maande -ek het hom net so drie weke terug gekry, en hy is ook my eerse Aussie ooit so ek raak nog gewoond aan sy anderster geaardheid. Hy is ook lekker aan die gang, leer vinnig maar ek ondervind hom as meer hardkoppig as die Border Collies - nou weet ek nie of dit net hy is en of dit tipies Aussie is nie..! Hy is ook baie meer liefdevol en hou meer van drukkies en cuddles en om op mens se skoot te le as wat die Border Collies daarvan hou.

    Laat weet of jy ook honde/'n hond het.

    ReplyDelete
  3. Jou kinders is te pragtig!

    Lekker naweek vir jou ook!

    ReplyDelete
  4. Ninette, ek het twee Pomeranian (Toypom) hondjies. Ek het met hulle grootgeword. Hulle is ook baie slim, maar is ook baie besitlik en issiegrimmig. En dan het my seun 'n Foxie by sy meisie gekry wat vreeslik woelig is :)

    Maar ek het besluit .. as ek weer 'n hond aanskaf sal dit beslis 'n border kollie wees ... hulle is absoluut pragtig!

    ReplyDelete
  5. Muriel, dankie! :)

    Paula, Toy Poms is oulike hondjies maar hulle pelse is heelwat harde werk, ne? Jy sal nie 'n fout maak met 'n Border Collie nie as jy bereid is om hulle fisies en "mentally" goed te stimuleer. Gaan kyk gerus na http://www.dogbreedinfo.com/bordercollie.htm vir meer inligting oor hulle.

    ReplyDelete
  6. Ag die modelle wat jy vir die foto's gebruik het, is te pragtig! Jammer die ander wou nie ook "pose" nie. Kiara se ore staan nou altwee regop en ek sukkel om 'n foto van haar te neem, want sodra ek op my hurke gaan sit om op dieselfde vlak as sy te wees, dink sy ek wil speel! Ek kan nie glo hoe vinnig sy leer sit het nie en sy leer nou al mooi aan die leiband, maar met die "house training" gaan dit nie so goed nie. Sy bly nou meestal deur die dag buite, maar sodra ons haar laat inkom gaan piepie sy op 'n mat! In die nag slaap sy in my kamer en mors glad nie. My ma is bietjie raadop daarmee.

    ReplyDelete
  7. Dit moet wees loop mooi aan die leiband, nie leer nie...

    ReplyDelete
  8. Xanika - dankie!

    Ek kan dink Kiara lyk te dierbaar met albei ore op nou - die foto op jou blog met die een oor op lyk sy so cute!

    Ek ken van nie kan af buk nie anders is dit 'n uitnodiging om te speel - Ozz is net so! :)

    Sterkte met die house-training!

    ReplyDelete